Oor Ons
Ons is die vriendelike Sinodale Kantoor wat graag ringe en gemeentes help. Ons sien uit daarna om julle te ontvang en julle by te staan met enige iets van pensioennavrae tot bedieningshulp aan gemeentes. Geen navraag is te klein of te groot vir ons nie. Kom loer gerus by ons in as julle weer in Bloemfontein is, kom maak kennis met die personeel, ons ontvang julle graag.
Ons Identiteit Logo en Visie
Ondersteuning bied dienste aan bedieninge, gemeentes, predikante, studente en andere in oorleg met die riglyne van die Kerkorde in opdrag van die Vrystaatse Sinode. Ons hanteer die verhuring en instandhouding van Floradale Kampterrein, Mooigenoeg Kampterrein asook Barend Wessels Gedenksentrum.



Mnr Wynand du Plessis
Ondervoorsitter
Oorhoofse Bestuur


Kommunikasie en Bemarking


Finansiële Administrasie


Danielle van Heerden
Professionele Rekenmeester (SA)
051 406 6714082 828 1156
dvanheerden@ngkvs.co.za

Administrasie en Inligting







Instandhoudingsdienste




Bedieningsbegeleiding lewer 'n diens aan teologiese studente, leraars, gemeentes en ringe. Die drie afdelings waarin begeleiding plaasvind, is:
- Netwerke
- Gemeente Ondersteuning en Uitbreidingsfonds (GOUF) en Fasilitering
- Kuratorium en Seminarium




1. | Ekologie | Gideon Lamprecht | 082 417 0507 | gideon.lamprecht777@gmail.com |
2. | Erediens | Suzanne van der Merwe | 073 684 4983 | suzannekleynhans@gmail.com |
3. | Gender-Geregtigheid | Carin van Schalkwyk | 084 582 8002 | carinvs@vodamail.co.za |
4. | JONK Vrystaat | Francois Lamprecht | 082 374 3983 | francois@ngkerkpellissier.co.za |
5. | Lidmate | Theo Oosthuyzen | 082 388 5002 | theo.xplode@gmail.com |
6. | Navorsing | Marius Louw | 081 219 3693 | marius.kopanong@gmail.com |
7. | Predikante | Ben Joubert | 082 921 0348 | b.joubert@absamail.co.za |
8. | Spiritualiteit | Magdaleen du Toit | 083 226 9732 | magdaleen.dutoit@gmail.com |
9. | VBO | Henco van der Westhuizen | 072 180 8181 | hvdw13@gmail.com |
Gemeente Ondersteuning en Uitbreidingsfonds (GOUF)
GOUF-Uitbreiding is vir aanwending van gekose uitbreidingsprojekte. GOUF-Ondersteuning word vir gemeentes, waarvan die dravermoeë die meeste onder druk is, aangebied. Geïdentifiseerde gemeentes ontvang ‘n aanbod vir GOUF-Ondersteuning en oorweeg of die reëlings aanvaar word. Gemeentes onderneem om sperdatums na te kom, aan Kerkspieël deel te neem en fasilitering te ontvang voordat GOUF-Ondersteuning toegeken word. GOUF-Ondersteuning kan ook van die hand gewys word.
Reëlings- Handel take voor onderstaande sperdatums af
- Onkoste van Kerkspieël en fasilitering word deur GOUF vergoed
- Boekjaar van begin Maart tot einde Februarie
- Fasiliteerders gee aan die einde van die proses terugvoer (vorm aangeheg)
Sperdatum 1 - Einde Januarie
- Aanvaar GOUF-Ondersteuning se aanbod per e-pos
Sperdatum 2 - Einde April
- Deelname aan Kerkspieël
- Bestel Kerkspieël-vorms van Ester Steyn (esters@ngkerk.org.za)
- Bestel een Kerkspieël-vorm vir elke erediensbywoner (aantal)
- Kondig datum van erediens aan waartydens Kerkspieël-vorms ingevul word
- Erediensbywoners vul Kerkspieël-vorms op ‘n Sondag in (bv na afloop van die erediens)
- Pos ingevulde Kerkspieël-vorms voor einde April aan Lisma Liebenberg (Posbus 11412, Universitas, 9321)
Sperdatum 3 = Einde Julie
- Gemeente kontak toegewysde fasiliteerders sodra Kerkspieël se terugvoer ontvang is
- Gemeente maak ‘n afspraak vir fasilitering met die fasiliteerders
Sperdatum 4 = Einde Oktober
- Fasilitering deur fasiliteerdes aan die hand van Kerkspieël se navorsing
- Fasilitering op dreef voor einde Oktober
Sameroeper | Ben Joubert | 082 921 0348 | b.joubert@absamail.co.za |
Skriba | Lisma Liebenberg | 051 406 6711 | daf@ngkvs.co.za |
Fasilitering | Christo Nel | 076 943 2006 | soekie@lantic.net |
Begeleidingsbegeleiding | Barnard Steyn | 082 842 7028 | bicsteyn@ngkvs.co.za |
Ellen-Anne Swart | 083 672 8445 | ellenanneswart@gmail.com | |
Ondersteuning | Adriaan de Ruiter | 051 406 6710 | reken@ngkvs.co.za |
Leon Foot | 083 503 6674 | leon.foot@telkomsa.net | |
Finansiële Administrasie | Johan Coetzer | 051 406 6721 | jcoetzer@ngkvs.co.za |
Danielle van Heerden | 051 406 6714 | dvanheerden@ngkvs.co.za |
Fasilitering
Reëlings vir fasilitering- Ringe of gemeentes klop aan vir fasilitering by die sameroeper, Christo Nel
- Die sameroeper sal 'n fasiliteringspan stuur na die ring of gemeente
- Fasiliteerders raak slegs betrokke op amptelike versoek, met opdrag van 'n gemeente of ring
- 'n Fasiliteringspan bestaan verkieslik uit 2 of meer fasiliteerders
- Terugvoer behoort aan die ring gegee te word
- Ring of gemeente staan in vir die fasiliteringskoste
- Fasiliteerder klaar tyd aan fasilitering spandeer, duidelik met eie gemeente uit
Fasilitering
Christo Nel (Sameroeper) | Riebeeckstad | 076 943 2006 | soekie@lantic.net |
Barnard Steyn | Bloemfontein | 082 842 7028 | bicsteyn@ngkvs.co.za |
Ben Joubert | Riebeeckstad | 082 921 0348 | b.joubert@absamail.co.za |
Charles James | Bloemfontein | 082 322 5484 | charlesjames@vodamail.co.za |
Johan David | Bloemfontein | 083 447 2603 | johan.david@vodamail.co.za |
Johan Nel | Bloemfontein | 083 400 0267 | jnel@ufs.ac.za |
John Jackson | Frankfort | 082 362 5084 | johnjack@telkomsa.net |
Leon Foot | Welkom | 083 503 6674 | leon.foot@telkomsa.net |
Stephan van Heerden | Vrede | 082 578 7840 | steso@telkomsa.net |
Mediasie
Carin van Schalkwyk | Philippolis | 084 582 8002 | carinvs@vodamail.co.za |
De la Harpe le Roux | Bloemfontein | 083 232 1051 | dvleroux@telkomsa.net |
Gideon van der Watt | Bloemfontein | 082 780 8038 | missio@ngkvs.co.za |
Riaan Stander | Bloemfontein | 082 665 8478 | myposduif@telkomsa.com |
Willem Ellis | Bloemfontein | 083 378 7833 | elliswf@ufs.ac.za |
Fasiliteringskoste
- Reiskoste @ R3.00 per km
- Fasilitering @ R150 per uur (reistyd ingesluit) - maksimum van R750 per dag
- Betaalbaar aan Bedieningsbegeleiding
- Bedieningsbegeleiding vergoed dan die fasiliteerders
- Indien u enige navrae het, kontak gerus die kantoor
NG Kerk Vrystaat, Nedbank 1178 097 218
Verwysing
Gemeente + Fasilitering (bv Theunissen Fasilitering)
E-pos bewys aan Lisma Liebenberg by daf@ngkvs.co.za
Die VBO-Forum stel maandeliks ‘n aanlyn VBO-aanbieding op Hugenote Kollege se MyNotes elektroniese platform (http://mynotes.hugenote.com:85/) bekend. Beskikbare VBO’s op die platform, is:
Datum | Onderwerp | Aanbieder/Gespreksleier | |
---|---|---|---|
1 | 8 Apr | Liturgie vir ongekarteerde tye | Cas Wepener |
2 | 15 Apr | Pastorale sleutels vir ‘n Covid-19 grendeltyd | Jan-Albert van den Berg |
3 | 22 Apr | Netwerke vir nou (LEAN) | Erwin Schwella |
4 | 29 Apr | Teologie in die tyd van Covid-19 | Heerden van Niekerk |
5 | 6 Mei | Nagedink oor God en lyding: Perspektiewe uit die Ou Testament | James Kirpatrick |
6 | 13 Mei | Covid-19 en die Ekonomie | Piet Naudé |
7 | 27 Mei | Pandemies – ‘n Historiese Perspektief | André Bartlett |
8 | 3 Jun | Kerk en Covid-19 | Frederick Marais |
9 | 8 Jul | Wanneer tuisbly nie veilig is nie (Gendergeweld) | André Bartlett |
11 | 26 Aug | Rassisme | André Bartlett |
VBO Dokumente

Teologiese opleiding in die Vrystaat het ‘n lang geskiedenis. Sedert 1981 het predikante van die NG Kerk aan die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. Die fakulteit het oor jare heen gegroei, sodat dit vandag ‘n volledige ekumeniese opleiding vir verskeie kerke aanbied.
Die formele akademiese opleiding word deur die fakulteit in verskillende departemente aangebied. Om predikante vir spesifiek die NG Kerk te vorm, staan die studente onder die voogdyskap van die kuratorium vir teologiese opleiding.
Die voertuig van die kuratorium is die Teologiese Seminarium.





Die kuratorium van die Vrystaat hou opsig oor die teologiese opleiding van studente van die NG Kerk.
Die voorsitter van die kuratorium is ds Jan Lubbe, en die skriba is ds Johann Kemp. Benewens hierdie persone, is daar ‘n dagbestuur.

Die kerklike vorming van die teologiese studente word deur die Vrystaat seminarium behartig. Die seminarium staan onder die bestuur van dr Johan Nel.

Die kuratorium word deur vier steunspanne ondersteun:
- Steunspan vir Studentebediening (vir jaargroepe 1 tot 5) onder voorsitterskap van ds Chris de Vries.
- Steunspan vir Gemeentejaars (vir die 6e jaars) onder voorsitterskap van ds Cobus Hamman.
- Steunspan vir Akademiese Evaluering onder voorsitterskap van dr Deon Serfontein.
- Steunspan vir missionale bedieningsontwikkeling onder leiding van ds Peet Louw.



Die primêre fokus van Vennote in Getuienis is die ondersteuning van gemeentes in hul roeping tot diens en getuienis, deur middel van programme, toerusting, inligting, skakeling en die fasilitering van vennootskappe met die oog op effektiewe diens en getuienis.




Wie is ons?
Deur middel van studie, beplanning, inligting, koördinering en begeleiding lewer ons ʼn bydrae tot die uitbou van die getuienis karakter (missionêre dimensie en -intensie) van gemeentes en die kerkverband. Ons beplan, begelei, koördineer en behartig die vennootskappe van die sinodale verband met gemeentes, mee werkende kerke en instansies met die oog op getuienis. Dan fasiliteer ons die vennootskapsverhouding met die susterkerke in die NG Kerkfamilie uit met die oog op groter kerkeenheid, voer die opdragte van die Sinode uit en lewer verslag aan die volgende Sinode, lewer ʼn bydrae tot die effektiewe publieke getuienis van die kerkverband, hanteer die beheer en administrasie van die sinodale begroting vir Vennote en Getuienis en die fondse en bates waarvoor Vennote in Getuienis verantwoordelik is, neem verantwoordelikheid vir die diens verhoudinge met alle personeel in diens van Vennote in Getuienis asook die pastorale versorging van personeel en hul gesinne en verteenwoordig die NG Kerk Vrystaat in die toepaslike sinodale liggame en in gesamentlike strukture met susterkerke en ander ekumeniese instansies.
Wat is ons vertrekpunt?
Getuienis is die wesenlike roeping van die kerk in al haar gestaltes en in haar gerigtheid op die wêreld. As omvattende Woordbediening vloei getuienis voort uit die sending van God Drie-enig (missio Dei) en geskied langs die kanale van verkondiging, gemeenskap, diens en aanbidding. Dit is die getuienis van die heil in Christus en staan in diens van die herstel van die omvattende vrede (shalom) in en tussen mense, in gemeenskappe en in die skepping.
Getuienis word meestal in vennootskap met gemeentes, kerke en ander instansies gedoen. Met vennootskap word veral ‘n formele, standhoudende verhouding tussen samewerkende partye bedoel en dit word gekenmerk deur wedersydse respek en ondersteuning, medeseggenskap en ‘n gedeelde roeping. Vennootskappe sluit egter ook netwerke, ekumeniese- en ander vorme van samewerking in. Vennootskapsverhoudinge met susterkerke is ‘n doelbewuste stap na groter eenwording.
Wat is ons visie en missie?
Visie: Dat NG Gemeentes in die Vrystaat as “gestuurde missionale gemeentes” gehoorsaam sal wees aan hul afsonderlike en gesamentlike roeping om “lig vir die wêreld” te wees.
Missie: Vennote in Getuienis ondersteun gemeentes in hul roeping tot diens en getuienis deur:
- Ondersteuning en begeleiding van gemeentes in hulle roeping tot diens en getuienis.
- Saam te besin oor die kerk se missionêr-diakonale (diens en getuienis) roeping.
- Bewusmaking, mobilisering en aktivering.
- Ondersteuning en begeleiding van projekte en werkers.
- Koördinering van werksaamhede, veral ten opsigte van spesifieke historiese velde.
- Inligting en skakeling.
- Voortsetting en uitbouing van bestaande gesamentlike werksaamhede.
NGKA Vrystaat en Lesotho | Ds PTP Sejake (Scribe) |
VGKSA Vrystaat en Lesotho | Ds John Letsie |
NG Kerk Namibië (DEGNOS) | Ds Fanie Spamer |
RCA | Ds Kovilan Moodley |
RCZ (Zambië) | Prof Edwin Zulu |
Justo Mwale Theological University | Prof Lukas Soko |
LEC (Lesotho) | Ds NK Posholi |
RCJ (Japan) | Dr Stéphan van der Watt |
Missie Japan | Dr Stéphan van der Watt, Mev Carina van der Watt, Mnr Elmar du Rand, Mev Nadine du Rand |
Christelike Lektuurfonds (CLF) | Me Charmaine Stoffberg |
Torings van Hoop | Ds De la Harpe le Roux |
Studentekerk (Kopanong) | Ds Chris de Vries, Ds Marius Louw |
Reformed Initiative of Community Development (RICD) | Dr Nico Mostert, Dr Carin van Schalkwyk |
NetACT | Dr Nico Mostert |
Bybelgenootskap | Ds Gerrie van Dyk |

Hanteer alle aangeleenthede wat verband hou met:
- Visionering
- Publieke getuienis
- Eksterne kommunikasie
- Belydenisvorming
- Kerkeenheidsprosesse
- Appèlsake
Permanente taakspanne van visionering sluit in:
- Leer en aktuele sake
- Sinodale taakspan kerkorde
- Vrouebediening





Dr Bertus Celliers
Verteenwoordiger – Sinodale taakspan kerkorde
051 881 0023082 784 9735
bertus9@mymtnmail.co.za
Leer en aktuele sake: | Ds Pieter van Heerden |
Sinodale taakspan kerkorde: | Dr Bertus Celliers |
Vrouebediening: | Me Beneli Pretorius |