Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

“Ons loop in die voetspore van die sendelinge in Malawi …”

Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 8 September 2023

Vanaf 29 Julie tot 4 Augustus was Nico Mostert (PSD Vennote in Getuienis, NG Kerk Vrystaat) en Daniël de Wet (PSD Getuienisaksie Afrika-Ekumene, Wes-Kaapland) met enkele van hul sinodale leiers op besoek aan ons susterskerke in Zambië, Malawi en Mosambiek. Die getuienisse van hul besoek aan onder andere ons susterskerk in Malawi, die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP), Nkhoma Sinode, illustreer die samebindende krag van geloof en hoe God se verhaal universeel is.  

 | verskaf: Aan huis van die CCAP se algemene sekretaris, ds Vasco Kachipapa en sy vrou, Madalitso. V.l.n.r. agter: Daniël de Wet, Marinus Theron, Jan Lubbe, Nico Mostert, Leon Foot en Juppie Steurer. Voor: Pieter van der Walt, mev Kachipapa en haar man, Vasco Kachipapa en Marnus Havenga.