NG Gemeente
NG Gemeente Fauresmith
NG Gemeente Jagersfontein
Posisie
Kontrakleraar vir die samewerkende gemeentes
Sluitingsdatum
30 Junie 2024
Diensaanvaarding
1 September 2024 of soos ooreengekom
Navrae
Leierouderling | Jagersdontein
Boesman Loftus – 082 778 9928
Leierouderling | Fauresmith
Kobus Fourie – 084 400 5505
Gemeenteprofiel
Albei gemeentes is dorpsgemeentes met voltydse en deeltydse boere en is gesamentlik ongeveer 180 lidmate.
Leraarprofiel / ander
- Bedieningsgeleenthede volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
- Daar sal van die aansoeker verwag word om Sondae twee eredienste waar te neem. Een diens vind plaas op Jagersfontein en die ander diens op Fauresmith wat 11 km uitmekaar is.
- Plattelandse ervaring met ’n passie vir huisbesoek en pastoraat.
- Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging met entoesiasme.
- Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe kan lei tot opbou van die gemeentes.
- Entoesiasme vir barmhartigheidswerk in die gemeenskappe.
- Saam met huisgesin betrokke wees binne en buite die gemeente.
- Beskik oor eie vervoer wat ook op plaaspaaie gebruik kan word.
Vergoeding
- ’n Totale jaarlikse bedrag van R480 000,00 (dertiende tjek ingesluit) (tweejaarkontrak).
- Akkommodasie sal voorsien word.
Aansoek
Aansoeke moet per e-pos aan NG Gemeente Fauresmith en NG Gemeente Jagersfontein gestuur word: E-pos: ngkerkfauresmith@gmail.com en ngkjf@lantic.net
Aansoeke moet ’n volledige CV en minstens drie verwysings insluit.
Aansoekers wat die kortlys haal, sal vir ’n onderhoud genooi word en moet beskikbaar wees vir die waarneem van ’n oggenddiens in albei gemeentes.
Die kerkraad behou die reg om nie die vakature te vul nie, sou ’n geskikte kandidaat nie gevind word nie.