Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Met die laaste gedagte van die begintydperk van Pase

Met die laaste gedagte van die begintydperk van Pase, moet ons dit nie as ‘n laaste gedagte sien nie, maar as ‘n gedagte wat aangaan. God eerste, laaste, in die middel en altyd ons Alles, in alles en deur alles.

Die besefpunt wat uitklaring nodig het, is die feit dat ons elke dag meer en meer die selfsug in die wêreld raaksien, maar niemand kyk meer na hulleself nie. Gedagtes is selfgerig, maar net oor dit iemand anders raak en jou eie emosies. Ons bekommer onsself meer oor wat ander van ons dink, as wat God van ons dink… want ons gedagtes is bitter min by God of op God gerig, nie waar nie?

Ons val gereeld by tradisies van die wêreld in. Ons doen die dinge wat ons dorp of stad se mense sal doen en vergeet soms wat goed vir onsself en ons geestelikheid sal wees.

Kom ons wees eerlik – ons ken nie onsself nie en daarmee ken ons nie God nie. Ons vier Paasfees, maar besef ons werklik wat dit beteken en besef ons dit gaan uitloop tot Pinkster en so aan?

Dit laat mens dink aan ‘n welverdiende Calvyn gesegde: “Byna alle wysheid wat ons besit, dit wil sê ware en gesonde wysheid, bestaan ​​uit twee dele: Die kennis van God en van onsself”. Wat ‘n manier om jou magnum opus te begin. Geen wonder dit word gereeld herhaal nie.

Die aanhaling moet wel in konteks geneem word. Dikwels word die lyn gebruik as ‘n regverdiging vir introspeksie of selfs ‘n sielkundige selfbewustheid. Mens kan argumenteer dat selfs Calvyn gesuggereer het dat ons met ons innerlike self in aanraking moet kom en dat ons God nie los van ons eie ervarings kan verstaan ​​nie.

Ja, ons moet onsself ken om God waarlik te ken, maar wat ons moet weet, is ons “beskaamde naaktheid” wat “’n wemelende horde swakhede” blootlê. Sodra jy kennis oor jouself moet spreek, besef jy hoe onkundig jy wel is, of jy begin jouself definieer – hetsy by jou uiterlike en basiese punte of heeltemal in die negatiewe.  Kom ek keer gou terug na die eerste sin van hierdie paragraaf: Ja, ons moet onsself ken om God te ken. Kom ons draai die sin om en sê eerder: Ons moet meer van God leer ken om meer van onsself te leer ken.

Die rede is tog makliker verstaanbaar sodra jy Jesus as jou verlosser en Saligmaker aangeneem het. Die geheim om onsself te vind, is dalk makliker as wat ons besef.

Al die gesegde gehoor Eat, Pray, Love? Wel hoekom wil jy dit moeilik maak, as dat jy van God leef, ‘n gereelde gesprek het met God deur gebed en die grootste gebod te gehoorsaam van liefde. So sal jy, hoe meer jy groei in jou geloof en verhouding met God, in jouself groei en jouself meer vind. God lewe tog in ons en deur God kan ons meer onsself lewe in Hom!

Dit laat mens dink aan die teksgedeelte van Joh 15:5  (1953 vertaling)

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Dit verduidelik dat ons voortdurend aan Christus verbind moet bly, om ons gedagtes gerig op Hom, asook om meer onsself te vind deur Christus. Aangesien ‘n tak aan die hoofdeel van die plant gekoppel moet word om te kan lewe, moet ons “geheg” wees aan die Here. 

Wat beteken dit? 

Om gewortel te wees in Christus en dus in jouself moet ons die komponente van gebed, Bybellees, in liefde te leef, God se Wil uit te voer en so meer, as die brandstof gebruik wat ons nodig het om te groei en dus om gesond te bly in ons geloof en onsself te vind in Christus.

Joh 17 : 21b “Vader, in My en Ek in U”

Die Vader in Jesus, Jesus in die Vader, Ek in Jesus, Hy in my. Pragtig nè. Julle moet in My bly, en Ek in julle. So kan dit ‘n gedagte wees wat aangaan, gerig op God.

116 | Maatskaplike NOODLYN