Deur ds Janke Hurter, Erediens Netwerk
Met Lydenstyd gebeur dit dikwels dat gelowiges dink aan iets om prys te gee vir die 40 dae van Lydenstyd, soos byvoorbeeld sjokolade of gaskoeldrank, of na TV-reekse kyk. Soms gebeur dit dat die gedagte om iets prys te gee die begin, maar ook die einde is van ons nadenke en refleksie oor Lydenstyd. Ek nooi jou graag om vir ’n oomblik saam met my verder oor Lydenstyd na te dink.
As ek dink aan Lydenstyd, is dit veral die metafoor van ‘n pelgrimstog wat voorop is in my gedagtes. Om aan Lydenstyd te dink in die vorm van ‘n pelgrimstog is nie nuut of vreemd nie, gedagtig aan die wyse waarop Jesus self die pad gestap het tot by die kruis. Dis ‘n tyd waarin ons agter Jesus aan volg op die Lydensweg. ‘n Reis na binne sowel as na buite. Dit behels dikwels ‘n reis van die bekende na die onbekende.
Lydenstyd, gesien as ‘n soort pelgrimstog, veronderstel dus beweging, ‘n op weg wees na die kruis, waar ons ons eie stoflikheid (menslikheid) erken. Dis ‘n besondere tyd van hertoewyding aan God. As gelowiges word hierdie ‘op weg wees’ dikwels uitgedruk deur handelinge wat tradisioneel ook veral met Lydenstyd verbind word soos gebed, vas, en liefdadigheid. Carol Hochhalter in haar werk Lent and the Psalms of Ascent (2017) is van mening dat die bedevaartsliedere of Pelgrimspsalms ons kan help om aan te hou voortbeweeg op hierdie Lydensweg. Dit kan vir ons die perspektiewe gee wat nodig is om ons deur die moeilike tye te kry, want selfs die Psalms wat met klag en lament gevul is, lei ons na die bron van hoop: Die troue God.
Met die verstaan van Lydenstyd as op weg wees – ‘n reis na die kruis – wonder ek of Niall Cooper met sy werk Lent: going deeper (2013) ons nie miskien wil help om na te dink oor hoe ons in 2024 deelneem aan Lydenstyd en self ook saamstap op die Lydensweg as gemeentes en gelowiges nie. Cooper is van mening dat Lydenstyd vir die meeste mense nie net ‘n 40 dae lange reis is nie, maar veel langer. Vir sommige, ook in Suid-Afrika, is die uitdaging om iets prys te gee ‘n daaglikse realiteit. Die keuses wat talle vandag konfronteer, is of ek die huur gaan betaal of die rekeninge? Of ek die lugverkoeler gaan aansit en of ek liewers elektrisiteit gaan spaar? Met die land se ekonomie wat besig is om in duie te stort, is Lydenstyd vir die meeste mense ‘n permanente instelling. Afgesien van die feit dat die getal 40 ook simboliese betekenis hier dra, vind ek Cooper se insigte waardevol. Dit wil lyk of om op weg te gaan, om agter Jesus aan te volg op die Lydensweg, vir ons in 2024 ook ‘n stilstaan impliseer. ‘n Stilstaan by die realiteit en werklikheid van die lyding wat ons hier in ons eie konteks beleef.