NG Gemeente
Philippolis
Ring
Fauresmith
Posisie
Leraar vastetermyn: (onderhandelbaar)
Sluitingsdatum
14 Februarie 2024
Diensaanvaarding
Navrae
Pulani Simes (skriba)
051 773 0014
Gemeenteprofiel
Die gemeente van Philippolis is geleë in die Suid-Vrystaat, 180 km vanaf Bloemfontein en 60 km vanaf Trompsburg. Ons is ‘n tipiese gemeente op die platteland, met al die uitdagings wat klein gemeentes bied. Philippolis van onder die Ring van Fauresmith en bestaan uit 137 belydende en 36 dooplidmate. Bedieningsareas wat vir ons as gemeente fokuspunte is: ° Gesonde verhoudinge en uitbou van die gemeente met groot klem op huisbesoek. ° Jeugbediening met die oog op die voortbestaan en toekoms van die gemeente.
Leraarprofiel / ander
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:
Pligte
- ‘n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig hê en dit beskou as ‘n roeping om in sy diens te staan.
- ‘n Gelegitimeerde Leraar(moontlik Emiritusleraar) van die NG Kerk wees wat ‘n aptyt het om hom/haarself vir nog ‘n paar jaar energiek in diens van die Here, op die platteland, beskikbaar te stel.
- Met kreatiwiteit, motivering, energie en goeie beplanning, in spanverband met die kerkraad, die gemeente te lei.
Vergoeding
‘n Vergoedingspakket met ‘n totale koste van indiensneming van R180 000.00 per jaar wat R30 000.00 water en ligte insluit, plus ‘n netjiese ruim pastorie. Daar is geen pensioen of mediese fonds beskikbaar nie.
Aansoek
Stuur asseblief ‘n volledige CV(nie langer as vier bladsye nie) met drie toepaslike referente elektronies na: 1. Skriba: Pulani Simes 051 773 0014(Werk ure Maandag tot Vrydag 09:00-14:00 e-pos: ngphil@ vodamail.co.za
Die Kerkraad behou hom die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.