Posisie:
Leraar
Sluitingsdatum:
30 November 2026
Diensaanvaardingsdatum:
1 Maart 2027, of so gou moontlik – soos ooreengekom.
Navrae:
Gemeenteprofiel:
Bethlehem-Panorama gemeente is geleë in die hart van die skilderagtige Oos-Vrystaat met ‘n lidmaattal van 593 lidmate (146 doop- en 447 belydende lidmate). Bethlehem spog met van die tophoër- en -laerskole in die Vrystaat, en met uitgebreide mediese geriewe om gemoedsrus te verseker.
Ons het dit ten doel om ‘n geestelike tuiste en veilige hawe vir gelowiges te bied. Die leuse van ons gemeente is: ‘n liefdevolle geloofsfamilie. Om hierdie strewe verder na buite te kan uitleef, is ons op soek na ‘n kreatiewe, dinamiese leier om aan die stuur van ons gemeente se groei en uitbou te staan.
Leraarsprofiel:
Ons wil jou uitnooi om by ons aan te sluit op ons reis saam met God. Wat ons as gemeente van voornemende aansoekers verwag:
- Skrifgetroue verkondiging van die Woord van God Drie-enig in pas met die evangelie soos deur Jesus aan ons gedemonstreer;
- ‘n Leer en lewe wat getuig van ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus as sy/haar Verlosser;
- ‘n Liefde vir die skepping, ‘n hart vir ouerwordende lidmate en ‘n passie vir die leer en onderrig van ons jongmense en kinders.
- Iemand wat hom/haar vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk.
- Iemand wat die normale verantwoordelikhede van die Kerk, soos in Artikel 9 van die Kerkorde vervat, nakom.
- ‘n Omvattende begrip van die uitdagings wat gemeentes in die gesig staar en die vermoë om ‘n gemeente daardeur te stuur.
Kritiese vereistes vir hierdie rol:
- In staat om oud en jonk tuis, gemaklik en veilig te laat voel;
- Erns te maak met sy/haar gesin, ons gemeente, gemeenskap en kerkvervreemdes;
- Uitstekende kennis en suiwer verkondiging van die Woord;
- Die vermoë om binne formele en informele erediensstyl te kan optree;
- Kreatiewe benadering tot gemeente, aanbidding en uitreik in die gemeenskap;
- Uitstekende kommunikasievermoë – verbaal en nieverbaal;
- Sterk leiereienskappe;
Om in spanverband heelhartig met die gemeentebestuur te kan saamwerk.
Addisionele inligting:
Vergoeding: Dit sal geskied deur middel van ‘n pakket wat strook met sinodale riglyne en sluit ook toegang tot ‘n ruim pastorie in.
Aansoek en navrae: Enige gelegitimeerde predikante van die NG Kerk met ampsbevoegdhede mag aansoek doen. Tentmakers wat belangstel, is ook welkom.
Om aansoek te doen, kan jy jou CV (met drie onlangse referente) na die kerkkantoor e-pos by: ngkpanoramabhm@gmail.com.
Ons sal jou beter wil leer ken en versoek graag:
- ‘n Bekendstellingsvideo, waarin jy jouself met of sonder jou gesin bekendstel en ons vertel waarom jy aansoek doen;
- Indien aanlyn beskikbaar – ’n skakel na een van jou onlangse boodskappe.
Die video en skakel kan per e-pos na Alta Herbst (skriba) by ngkpanoramabhm@gmail.com of per WhatsApp na Pieter Craven (082 388 0299) gestuur word.
Aanvangsonderhoude met kortlyskandidate kan aanlyn gehou word om reiskoste en -tyd te beperk. Daar sal egter van kandidate wat die finale keuringsrondte haal, verwag word om beskikbaar te wees vir ‘n preekbeurt en persoonlike gesprek te Bethlehem.
Vir meer inligting kontak gerus vir: Pieter Craven by pieter.craven@gmail.com (082 388 0299) of die kerkkantoor: ngkpanoramabhm@gmail.com, (058 3034593).

