Posisie
Koster
Sluitingsdatum
12h00 – 2 November 2026
Diensaanvaardingsdatum
15 November 2026 alternatiewelik 1 Desember 2026
Navrae
Skriba : Denise Louw
073 180 3193
Ma-Vry: 08:00 – 13:00
Aansoek
Ons soek ’n betroubare, vriendelike en diensgerigte persoon wat ’n positiewe bydrae tot ons gemeentelike lewe wil maak.
POSBESKRYWING
Die koster se take sal wees wat nodig is vir die voorbereiding van die kerkgebou en lokale, asook toesig oor die oop- en toesluit van die fasiliteite vóór en ná kerkbyeenkomste.
VEREISTES
Organisasievermoë
Fisiese gesondheid om take te verrig
Betroubaar, eerlik en verantwoordelik
Goeie menseverhoudings en kommunikasievermoë
Beskikbaarheid buite normale kantoorure indien nodig
Rybewys (kode B)
Eie vervoer
VERANTWOORDELIKHEDE
Voorbereiding van die kerkgebou, kerksaal en lokale vir eredienste en byeenkomste op Sondae (oggend en aand). Woensdagaande (17:00 – 19:00), asook tydens Christelike feesdae, Pinksterweek soms ook huwelike en begrafnisse.
Ondersteuning vóór, tydens en ná jaarlikse Kermisweek.
Oopmaak, sluit en beveiliging van die totale perseel (kerk, lokale en kerksaal).
Enige ander addisionele take soos opgedra.
Vergoedingspakket: Onderhandelbaar.
Kontak
STUUR ASSEBLIEF AANSOEKE NA:
Skriba (Denise Louw) NG Kerk Berg-en-Dal E-pos: kantoor@bergendalkerk.co.za
VIR NAVRAE KONTAK:
Skriba (Denise Louw) Tel: 073 180 3193 Ma–Vry: 08:00 – 13:00

