Klein Gemeentes Netwerk | Deur Mariëtte Odendaal
Hoe gemaak met ons gemeentes wat vasgevang sit in oorlewing of alreeds die sluit van hul kerkdeure in die gesig staar? Hoe kan hulle ondersteun word om weer volhoubaar, lewenskragtig en missionaal kerk te wees?
Die Vrystaat Sinode se Klein Gemeente Netwerk onder leiding van ds Fanie Spamer het verlede jaar die Hugenote Kollege se Sentrum vir Kerklike en Gemeenskap-innovasie gekontrakteer om ons met ons Meervoudige Standplaasbediening- (MSB-) inisiatief te ondersteun. “Dit behels nie net die bekendstelling van verskillende MSB-modelle nie, maar ook begeleiding tot missionaliteit en volhoubaarheid,” vertel dr Frederick Marais wat onlangs hul MSB-bevindinge met ons moderamen bespreek het.
Maar wie is dr Frederick Marais?
Jy kom gou agter dat Frederick in sy NG Kerk-loopbaan van 36 jaar al ’n ryke verskeidenheid werkservarings opgedoen het. Eers as predikant in die geskiedkundige Karoo-dorp Somerset-Oos (1987 tot 1990), daarna as studenteleraar op Stellenbosch (1990 tot 2000) en toe as predikant in sinodale diens (PSD) vir Gemeentebegeleiding (2000 tot 2017) by die NG Kerk Sinode Wes-Kaapland. Daarna was hy PSD vir Kerklike Opleiding tot met sy emeritaat in 2023.
Maar nog is dit het einde niet: Vanaf 1 Januarie vanjaar het hy in die pos as direkteur van die Sentrum vir Kerklike en Gemeenskap-innovasie by Hugenote Kollege se Skool vir Sosiale Innovasie begin werk en sal op 1 Maart prof Erwin Schwella as dekaan daar opvolg.
Frederick, wat word met die term ‘meervoudige standplaasbediening’ bedoel en wanneer het dit aanvanklik ontstaan?
“Meervoudige Standplaasbediening (MSB) is ’n bediening wat meer as een ‘standplaas’ of plek van bediening insluit en wat deur ’n bedieningspan bedien word. Kleiner gemeentes kan danksy vennoot-gemeentes lewenskragtig bly voortbestaan en volledig kerk wees. In die verlede sou dié gemeentes moes ophou bestaan of net op oorlewing fokus.
“Daar is werêldwyd verskillende benaminge hiervoor, soos byvoorbeeld co-operating congregations en multi-site ministries.
“Ons vind reeds in die 1940’s die eerste voorbeelde hiervan in die VSA waar kleiner wordende plattelandse gemeentes moes leer om ter wille van hul voortbestaan met mekaar saam te werk.
“In die 1980’s het die Evangelical Lutheran Church of America (ELCA) modelle van samewerkende bedieninge begin ontwikkel en later het mega-kerke in die VSA begin om met behulp van die media hul eredienste na kleiner satelliet-kampusse te stroom; iets wat skerp kritiek ontlok het.
“In die NG Kerk is daar al lankal die praktyk van ‘gemeentes in kombinasie’ of gemeentes wat meer as een bedieningspunt het waar eredienste gehou word. Ons wil graag op hierdie voorbeelde bou en dit uitbou om enige verdere sluiting van gemeentes te verhoed. Ons dink regtig hier is verbeeldingryke oplossings moontlik.”
Wat het jou navorsing as die beste bedieningsmodel(le) bevind en hoe werk die proses?
“Navorsing wat op innovering of die verbetering van bedieningspraktyke gefokus is, is praktykgerig en benut die kennis van kundiges en ook gemeentes wat reeds die beoogde praktyk toepas. Daarom gaan ons die Delphi-metode gebruik. Dit beteken dat ons ’n paneel kundiges identifiseer en saam met persone in die praktyk uitnooi om hul kennis te deel en konsensus te bereik oor watter praktyke die beste vir MSB’s sal werk.
“Die paneel sal dan hierdie kennis in ’n ‘teorie’ verfyn en dit word dan in die ontwerp van ’n model verpak. Dit sal as prototipe dien vir die eerste groep wat dit in die praktyk sal toets. Op hierdie manier sal ons leer hoe MSB op die mees effektiewe manier in die Vrystaat toegepas kan word.”
Wat sou jy sê is die voordele van hierdie Delphi-metode van navorsing?
“Indien nodig, kan daar ook uiteindelik aanbevelings gemaak word vir die ontwikkeling van ’n reglement in die Kerkorde sodat MSB breër in die kerk benut kan word.
Wat voorsien jy as uitdagings?
Tweedens sal gemeentes ook die geleenthede moet kan raaksien wat in die huidige konteks vir die kerk gebied word. Dit is byvoorbeeld nie nodig dat wanneer gemeentes kleiner word, hulle noodwendig in ’n proses van toemaak is nie.”
Is daar enige voorbeelde van dié modelle wat alreeds suksesvol toegepas word?
Volgens ds Barnard Steyn bied die verhouding tussen die Geloofsentrum Universitas en die NG Gemeente Verkeerdevlei ’n voorbeeld wat moontlik ander standplase kan inspireer.
Ds Rikus Botha, leraar van die Geloofsentrum Universitas, behartig ook die bediening te Verkeerdevlei in samewerking met sy kollegas en ander leraars wat by dié bedieningbetrokke is.
Beide gemeentes is steeds ecclesia completa (volledig gemeente), maar deel deurlopend verantwoordelikhede, sowel as hulpbronne (materieel, geestelik, kundigheid, toerusting, ensovoorts). Behalwe ’n maandelikse bydrae, maak Verkeerdevlei tans ook ’n substansiële in natura (vrywillige dienste-) bydrae tot die Geloofsentrum Universitas se voedselprojek in Bloemfontein.
‘n Ander Vrystaatse voorbeeld wat moontlik na MSB uitgebrei kan word, is tussen die gemeentes van Bethlehem-Panorama en die gemeentes in Arlington en Lindley. Dit is danksy die goeie verhouding wat daar alreeds tussen dié gemeentes bestaan wat so ’n bedieningsmodel moontlik maak.
Bethlehem-Panorama het ds Stefan Conradie as diensleraar bevestig met die opdrag om die bediening te Arlington en Lindley onder mentorskap van ds Gideon Lamprecht, predikant van Betlehem-Panorama, te behartig. Sodoende is die druk wat die uitbring van ’n beroep op gemeentes plaas, verlig. Intussen is ds Conradie na Reitz beroep.
Andreas Nieuwoudt, ouderling by die NG Kerk Pellissier, het reeds sy pastorale-baan-opleiding aan die Hugenote Kollege voltooi en is vanjaar daar met sy predikingkursus besig. Hy is ook by die bedieningsbaan in die Vrystaat besig om as diensleraar opgelei te word en bedien reeds saam met ds Pikkie Maritz by die NG Kerk Ooshoek.”
Wat staan ’n gemeente te doen wat graag deel wil word van so ’n bediening?
“Hulle is baie welkom om ds Barnard Steyn | bicsteyn@ngkvs.co.za of ds Fanie Spamer | faniespamer53@gmail.com te kontak.
Ons by Hugenote Kollege se Sentrum vir Kerklike en Gemeenskap-innovasie sal ook graag met belangstellendes wil kontak maak.
Kontak gerus dr Frederick Marais | frederick@hugenote.ac.za.