Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Goeie bestuur – die sleutel tot ’n meer volhoubare kerk en kerklike instansies

Deur Mariëtte Odendaal

“As goeie beheerliggame aangestel word, kan dit daartoe lei dat opleidingsinstansies beter funksioneer en dat beter uitkomste gelewer word. Wanbestuur sal ook op hierdie manier in die kiem gesmoor kan word en goeie, deursigtige bestuur en uitvoering kan weer die vertroue van donateurs wen, wat daartoe kan bydra dat inisiatiewe opnuut ondersteun word.”

Dr Nico Mostert
Vennote in Getuienis

Die Reformed Family Forum (RFF), bestaande uit die algemene sekretarisse van al ons NG Kerkfamilies in Suid-Afrika en ons Gereformeerde susterskerke in Sub-Sahara- Afrika, vergader een maal per jaar.

Waarop moet dan gefokus word om kerkregering te verbeter of meer effektief te kan laat werk?

“Dis eintlik ’n teologiese vraag wat in ons teologiese opleiding aan die orde gestel moet word. Dis juis hier waar ek dink ons teologiese opleiding ’n bietjie in die moeilikheid is, omdat ons tans in heelwat Afrika-lande nie baie geskikte persone in kerkgeskiedenis en kerkreg het om ons kerkleierskap te begelei om hierdie knelpunte te help verstaan en aan te pak nie. Ek dink daar moet op die langtermyn ’n ander nadenke ten opsigte van kerkverstaan en -begrip of ekklesiologie kom.

“Maar goed, ons werk met die Reformed Family Forum se algemene sekretarisse en help dink saam aan oplossings vir ons unieke uitdagings in ons verskillende situasies en kontekste.

“Ons kerke sal maar op ons eie manier moet leer wat effektief werk en wat nie; lidmate beweeg na ander denominasies toe as hulle ervaar dat hulle uitgebuit word, of dat die kerkleierskap nie deursigtig is nie. Dis soms ’n harde leerskool vir kerke.

“Ek dink dit doen die Koninkryk van die Here baie skade aan, want my waarneming is dat die heersende kerkbegrip in ons kontinent ’n episkopaalse kerkregeringstelsel is; nie net in die hoofstroomkerke nie, maar veral ook in die onafhanklike kerke. In die onafhanklike kerke hoor ons al hoe meer die terme profeet, biskop, aartsbiskop en selfs kardinaal. Dis terme wat uit die Rooms-Katolieke en Anglikaanse tradisie kom, maar die onafhanklike kerke gebruik al meer en meer hierdie titels. Die vraag bly of dit ’n onevangeliese soeke na outoriteit en mag is, of omdat dit dalk meer aanklank vind binne die Afrika-kulturele raamwerke van outoritêre leierskap. Ek dink dit is die uitdaging waaroor ons sal moet praat.

Die vraag is ten slotte: “Is dit ’n goeie regeringstelsel en is dit volhoubaar om dit so in Afrika te doen?”

 | verskaf deur dr Nico Mostert: Groepbesprekings tydens die aanbieding van ds TK Ilesanmi oor ‘Good governance as a key to a more sustainable church and church institutions’.

 | verskaf deur dr Nico Mostert: Ds TK Ilesanmi en dr Nico Mostert.

Kontak gerus vir meer inligting:

Dr Nico Mostert | missio@ngkvs.co.za

Vorige skakels na hierdie artikels:
116 | Maatskaplike NOODLYN