BEGIN:VCALENDAR
VERSION:2.0
PRODID:-//NG Kerk Vrystaat - ECPv6.15.20//NONSGML v1.0//EN
CALSCALE:GREGORIAN
METHOD:PUBLISH
X-ORIGINAL-URL:https://www.ngkerkvrystaat.co.za
X-WR-CALDESC:Events for NG Kerk Vrystaat
REFRESH-INTERVAL;VALUE=DURATION:PT1H
X-Robots-Tag:noindex
X-PUBLISHED-TTL:PT1H
BEGIN:VTIMEZONE
TZID:Africa/Johannesburg
BEGIN:STANDARD
TZOFFSETFROM:+0200
TZOFFSETTO:+0200
TZNAME:SAST
DTSTART:20250101T000000
END:STANDARD
END:VTIMEZONE
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Africa/Johannesburg:20260505T190000
DTEND;TZID=Africa/Johannesburg:20260505T210000
DTSTAMP:20260425T230708
CREATED:20260405T060053Z
LAST-MODIFIED:20260421T135431Z
UID:87148-1778007600-1778014800@www.ngkerkvrystaat.co.za
SUMMARY:SESSIE 2 | KRONIESE KRONIEKE : Kopskuif vir pastors | Hospitaalbesoek van kroniese siek persone
DESCRIPTION:  \n  \n \nKopskuif vir pastors – hospitaalbesoek van kroniese siek persone \nNarratief-pastorale verdieping deur poëtiese analise \nIs die hospitaalbed van ’n kroniese siek persoon vir jou as pastor ’n plek van onsekerheid en selfs spanning? Voel die gang na die hospitaalkamer langer as wat dit werklik is? Worstel jy ook dikwels met vrae soos: Wat moet ek sê? Watter Skrifwoord moet ek bring? Hoe bid ’n mens hier reg? \nDaar is tye wanneer jy as pastor voel dat jy net nie kans sien nie. Wanneer jy seker weet dat jy nie weet wat die “regte” woorde gaan wees nie en soms bly die besoek onafgehandel. Dit is die werklikheid van pastorale spanning tydens die hospitaalbesoek en soveel te meer wanneer dit ŉ kroniese siek lidmaat is wat weereens gehospitaliseer word. \nLeraars en pastors is deeglik gevorm om die Woord te bedien en te verkondig. Tog kan die hospitaalruimte spanning skep omdat die verwagting om te spreek die vermoë om te luister oorheers. Die soeke na ’n teks kan die aanhoor van ’n verhaal verdring. \nHier is die ontdekking – elke hospitaalbed van ’n kroniese siek persoon dra reeds ’n teks: \n’n Lewensverhaal. ’n Pynverhaal. ’n Kroniese verhaal. \nLuister is nie pastorale passiwiteit nie. Luister is hermeneutiese betrokkenheid. Om ’n hospitaalverhaal werklik te hoor\, beteken om: die verhaal te ontgin (die onderliggende temas van verlies\, vrees\, hoop en geloof raak te hoor)\, daarby aan te sluit (nie met vinnige antwoorde nie\, maar met empatiese teenwoordigheid) en dit te benut sodat die pasiënt se eie verhaal die vertrekpunt van pastoraat word. \nWanneer die pastor saam met die siek persoon binne sy of haar verhaal beweeg\, ontstaan ’n ruimte van saamreis. Met die hospitaalverhaal wat ernstig geneem word\,\nword teenwoordigheid self die bediening. Hier kan die pastor se Teks by die kroniese siek persoon se teks inhaak. \nKroniese Kronieke ontsluit met Kliniese wit – hospitaalverhaal\, ’n narratief-pastorale verdieping van die hospitaalbesoek\, deur die analise van poësie in twee dele: \n  \nDeel 1: Die dinamika van die stem en die stoel in die hospitaalkamer  \n\nOntdekking\, erkenning en bevestiging van die kroniese siek persoon se stem – sy of haar hospitaalverhaal.\nOntdekking\, erkenning en bevestiging van die pastor se luistergesindheid en teenwoordigheid.\nDie hospitaalbed as plek van ontmoeting en saamreis waar die Woord luisterend en sprekend teenwoordig is.\n\n  \nDeel 2: ŉ Perspektief op ŉ hospitaalervaring deur ŉ kroniese siek persoon: Kliniese wit  \n\nDie dinamika van ’n hospitaalverhaal in poëtiese teks – analise en integrasie.\nMoontlike praktykwysigings vir ŉ verbeterde pastorale ervaring tydens die hospitaalbesoek aan kroniese siek persone.\n\nDie studiebron is die poëtiese bundel\, Lamentoso – Ervarings van pyn deur Swan en Van der Merwe (2025)\, waarin die stem van kroniese siekte poëties en reflektief verwoord word. Lamentoso skep ’n hermeneutiese ruimte vir pastors om \n\noor hul eie selfverstaan binne die konteks van die hospitaalbesoek te herbesin.\ndie beweging van teenwoordigheid en verkondiging te realiseer langs die hospitaalbed.\nen met groter pastorale bewoënheid hospitaalbesoeke aan kroniese siek persone te benader.\n\nPastors en leraars\, geestelike werkers\, pastorale beraders asook elke persoon wat by siekebesoek betrokke is\, sal hierdeur baat vind. Kroniese siek persone kan met vrug inskakel. \n  \nPraktiese besonderhede  \nTwee aanlyn sessies van 2 uur elk met ŉ refleksie aktiwiteit (10 VBO-punte) aangebied deur dr. Suzanne van der Merwe\, me. Matilda Swanepoel en dr. Theo Kleynhans met insluiting van:  \n\nDie digbundel Lamentoso – Ervarings van pyn (Swan & Van der Merwe\, 2025) in elektroniese formaat\n’n Gesprekshandleiding (elektronies)\n’n Begeleide refleksiewe aktiwiteit\nTerugvoer op die refleksie (persoonlik)\nElektroniese bywoningsertifikaat\n\n\nDatums:  24 Maart 2026 en 5 Mei 2026 \nTyd:  19:00 – 21:00 (aanlyn sessies) \nKoste:  R350 vir ’n elektroniese weergawe van Lamentoso \nKoste:  R450 vir ’n harde kopie van Lamentoso wat gekoerier word \nNAVRAE \nE-pos dr.suzannevdm@gmail.com of WhatsApp +27 (0)63 478 5988
URL:https://www.ngkerkvrystaat.co.za/gebeure/sessie-2-kroniese-kronieke-kopskuif-vir-pastors-hospitaalbesoek-van-kroniese-siek-persone/
LOCATION:Zoom\, South Africa
CATEGORIES:Didasko | VBO,VBO Forum
ATTACH;FMTTYPE=image/jpeg:https://www.ngkerkvrystaat.co.za/wp-content/uploads/2026/04/DIDASKO_Kopskuif-vir-pastors_5-Mei-2026.jpg-1.jpeg
ORGANIZER;CN="NG Kerk Vrystaat":MAILTO:skakel@ngkvs.co.za
END:VEVENT
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Africa/Johannesburg:20260505T190000
DTEND;TZID=Africa/Johannesburg:20260505T210000
DTSTAMP:20260425T230708
CREATED:20260415T135158Z
LAST-MODIFIED:20260417T085254Z
UID:87463-1778007600-1778014800@www.ngkerkvrystaat.co.za
SUMMARY:Narratiewe Pastoraat | Didasko
DESCRIPTION:Vergadering-ID: 846 5684 1520 \nToegangskode: 217948\n 
URL:https://www.ngkerkvrystaat.co.za/gebeure/narratiewe-pastoraat-didasko/
LOCATION:Zoom\, South Africa
CATEGORIES:Didasko | VBO,VBO Forum
ATTACH;FMTTYPE=image/jpeg:https://www.ngkerkvrystaat.co.za/wp-content/uploads/2026/04/DIDASKO_Narratiewe-Pastoraat_5-Mei-2026.jpg
END:VEVENT
END:VCALENDAR