Die passasiers op die Titanic sou nooit kon droom dat dié magtige skip sou sink nie. As dit egter reg bestuur was, sou die ysberg vermy kon gewees het en ongeveer 1 500 mense nie verdrink het nie. Ons aardbewoners kan nog iets daaraan doen om ons mooi planeet te red, maar wie neem dit eintlik ernstig op? Klimaatsverandering verwys na langtermyn-verskuiwings in temperature en weerpatrone, hoofsaaklik veroorsaak deur menslike aktiwiteite, veral die verbranding van fossielbrandstowwe. Maar het jy al visueel gesien watter lande hulle die ergste daaraan skuldig maak? Kyk gerus hierna. Die goeie nuus is dat daar wel iets aan gedoen kan word. Lees meer daaroor en fokus veral op dit wat jy as individu daaraan kan doen.