Ons het in die vorige studie gesien dat Islam een van enkele godsdienste is wat aktief aan die uitbreiding van daardie godsdiens werk. Ons as Christene noem dit sendingwerk. Moslems noem dit dawa. Patrick Sookhdeo[1] het ‘n boek geskryf met die titel Dawa. Meer betekenisvol is die subtitel: “The Islamic strategy for reshaping the modern world”.
Een van die strategieë wat Islam hiervoor gebruik, is om individue te bekeer tot Islam. Daar is geen verpligting op die bekeerlinge om werklik oortuig te wees van die waarheid van Islam nie. Dit is genoeg dat hulle kies, om watter rede ook al, om die Islamitiese geloofsbelydenis (die shahada) op te sê en hulself Moslems te noem. As gevolg van die Islamitiese afvalligheidswette en die doodvonnis wat daarmee gepaard gaan, is bekering na Islam effektief ‘n eenrigtingstraat. Diegene wat ontnugter raak, waag dit selde om Islam weer te verlaat (behalwe in die geheim in hul harte).
Nog ‘n voordeel vir Moslem-sending is die Islamitiese beleid dat alle kinders van ‘n Moslem outomaties ook as Moslems beskou word. In ‘n gemengde huwelik behoort die nie-Moslem ouer dus geen sê te hê oor die godsdienstige opvoeding van die kinders nie.
Moslem-sendelinge word da-ees genoem. Reuse dawa-projekte, wat onder andere van publikasies, vertalings, radio, TV en internet gebruikmaak, is van stapel gestuur. Intellektuele oorreding word gebruik met die hulp van hoë kwaliteit materiaal, insluitend ‘n menigte webwerwe. Moslems word aangemoedig om hul vakansies op te offer om op dawa-sendings te gaan om Islam te bevorder[2]. Dit plaas natuurlik die dringende vraag op die tafel na hoe voorbereid en toegerus die kerk van vandag, meer nog die NG Kerk is, om hierdie aanslag die hoof te bied. Hoe toegewyd is ons om pro-aktief lidmate toe te rus met hoë kwaliteit materiaal en opleiding om nie net dawa die hoof te bid nie, maar om selfs die gety te draai?
Die strategie van da-ees, volgens The United Kingdom Islamic Mission[3], sluit die volgende in:
1. Die boodskap van Islam moet relevant gemaak word vir die spesifieke gemeenskap waarheen dit geneem word.
2. Die boodskap van Islam moet logies, oortuigend en vriendelik gebring word in die taal van die mense vir wie dit gebring word.
3. Die boodskap van Islam moet nie op mense afgedwing word nie, maar eerder deur gesprekke en sosiale interaksie.
Met die volgende studie kyk ons verder na die oogmerke en implikasies van dawa.
[1] Sookhdeo, P.2014. Dawa. The Islamic Strategy for Reshaping the Modern World. Isaac Publishing: McLean VA
[2] Abdul Azeez ibn Abdullah ibn Baaz, Words of Advice Regarding Da’wah.
[3] The Methodology of UKIM, UK Islamic Mission Sisters Wing, webpage, http://www.ukimsisters.org/ukim/methodology/,viewed 9 May 2014
Nuutste Artikels
- “Nader tot God en Hy sal tot julle nader”
24 Feb 2023 - Buitengewone Sinodesitting Vrystaat | 2023
24 Feb 2023 - Inspirerende Prediking
24 Feb 2023 - Spiritualiteit Netwerk
24 Feb 2023 - “Skep ‘n rein hart vir my”