Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 29 November 2023
Dis nie altyd maklik om te erken dat daar hard gewerk sal moet word aan sake wat ons bediening as kerk kniehalter nie; dit verg ’n groot mate van geestelike volwassenheid, eerlikheid en moed. Twee weke gelede is daar ’n seminaar by ons susterkerk in Mosambiek, die…
Deur dr Enrico Casaleggio, Vennote in Getuienis
Dit is vanselfsprekend belangrik om so veel moontlik van Islam te weet wanneer jy met ’n Moslem in gesprek tree oor die Evangelie. Dit is egter heelwat belangriker om seker te wees van die rol wat Jesus Christus in jou lewe speel en die verhouding wat jy met…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 17 November 2023
So pleit Ben Marais, nasionale direkteur van Ambassadors Football en een van Getuienisaksie in die Wes-Kaap se gassprekers tydens hul onlangse algemene jaarvergadering. Een van ons gemeenskappe se brandendste vraagstukke is ons vaderlose gesinne, verwaarloosde jeug en gesinsgeweld. Ons kinders het ons nodig. Dringend. En hierin kan iets…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 17 November 2023
Dis altyd vir ons iets besonders as daar van ons susterskerke se predikante nagraads in Suid-Afrika kom studeer. Getuienisaksie ondersteun hierdie studente op verskillende maniere, soos onder andere om die kostes van hul studies en akkommodasie te help dra. Daar is tans drie van ons susterskerk in Malawi,…
Ons het al by geleentheid gekyk na hoe om teenoor Moslems te getuig in ’n situasie waar tyd ’n beperkende faktor is. Ons bevind ons egter al hoe meer in ’n situasie waar Moslems ons bure, kollegas en selfs vriende is. Dit is daarom ’n belangrike vraag: Hoe getuig ons oor die liefde van Christus…
Dit was die tema van die All Africa Conference of Churches (AACC) wat die afgelope week vanaf 18 tot 23 November in Abudja, Nigerië plaasgevind het. Ds Nico Mostert, uitvoerende amptenaar van Vennote in Getuienis, was daar saam met nog drie ander verteenwoordigers uit Suid-Afrika, naamlik dr Gustav Claassen (algemene sekretaris van die NG Kerk…
“As goeie beheerliggame aangestel word, kan dit daartoe lei dat opleidingsinstansies beter funksioneer en beter uitkomste gelewer word. Wanbestuur sal ook op hierdie manier in die kiem gesmoor kan word en goeie, deursigtige bestuur en uitvoering kan weer die vertroue van donateurs wen wat daartoe kan bydra dat inisiatiewe opnuut ondersteun word.” | Dr Nico…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 3 November 2023
Dis nie meer vir ons vreemd om Malawiërs hier in die Wes-Kaap raak te loop nie; ons ontmoet hulle in restaurante, by petrolstasies en selfs op universiteit as nagraadse teologiestudente. Op Sondag 29 Oktober was dit ’n aangrypende geleentheid toe ons susterskerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode…
Het jy al gehoor van ’n huiswerker wat uit die kombuis antwoorde gee op Bybelklasvrae wat sy langsaan in die sitkamer hoor? En dat dié huiswerker vandag ’n gelegitimeerde standplaasleraar is? Dit is die merkwaardige storie van ds Poppie Haramses van die NG Wildevy-gemeente op Grootfontein, Namibië.
Die NG Wildevy-gemeente beslaan ’n area van 18…
Met hierdie artikel oor die Sikhs kyk ons vir ’n laaste keer na splintergroepe in Islam, of godsdienste wat vanuit Islam ontstaan het. Die aantal sektes en groeperinge in Islam is te veel om te tel en almal is ook nie relevant vir ons in die Suid-Afrikaanse konteks nie. Soos die Baha’is is die Sikhs…
As jy na die name van die mense op hierdie foto kyk en sien van waar almal kom, sal jy diep geraak word (klik op die skakel aan die einde en sien dit in die artikel). Dit getuig nie net van jarelange verbintenisse in Christus nie, maar ook van ‘n diepe verbondenheid as navolgers van…
Baie mense het nog nie eens van die Baha’i-geloof gehoor nie en sal wonder of dit die moeite werd is om hierdie ruimte daaraan af te staan. Hoewel dit nie een van die grootste godsdienste is nie, is dit die godsdiens wat naas die Christendom die meeste oor die wêreld versprei is. Die relevansie van…
"Dit was vir my mooi om ons beeldskone land op 'n ander manier te beleef.” – Marinel Mostert "Traptoer was the perfect outreach camp that combined two of the things I love most – cycling and God!" – Natalia Mojela "Dit is 'n wonderlike gevoel om te weet jy is op 'n avontuur waaroor jy…
Oorgeneem uit Getuienisaksie Kaapkerk, 13 Oktober 2023
Gedurende die laaste week van Augustus vanjaar was ds Stephen Pedro, PSD vir Gemeentegetuienis en bestuurder van ons Kontekstuele Bybelstudie (KBS)-projek op besoek aan Kerk in Actie, Nederland. Kerk in Actie is die dienste-organisasie van die PKN (Protestantse Kerk in Nederland) te Utrecht. Aangesien hulle die hoofborg…
Ons het reeds gesien dat daar sedert Mohammed se sterwe ’n skeur in Islam ontstaan het tussen Shi’iete en Sunni’s. Die groot verskilpunt was die aanwys van ’n leier om Mohammed op te volg, maar daar het ook intussen ander verskille tussen hierdie twee groepe ontwikkel wat dogma en gebruike betref. Die Soefi’s, waarna ons…
“Die entoesiasme waarmee die San-gelowiges die Here dien en die toewyding waarmee hierdie gelowiges in die Koninkryk van ons Here leef en werk, is merkwaardig … Die geestelike groei in die gemeentes bly die uitstaande hoogtepunt in ons bediening.” | Ds Andries Gous
DEGNOS, voorheen bekend as Boesmansending, staan vir Diens en Getuienis Noordooste…
| verskaf: Die nuwe moderator, ds EM Tembo
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 22 September 2023
Dis met ’n warm hart dat ons die nuutverkose kerk-leierskap van ons susterkerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode, seën toewens. Op Donderdagaand 7 September is die volgende moderatuurslede verkies: ds EM Tembo (moderator), ds KLC Kaliza (assessor),…
Deur ds Hannes Theron, NetACT Program-koördineerder
Hoe lyk die Afrika wat God wil sien? Hierdie vraag sluit direk aan by die Afrika Unie se indrukwekkende visie vir 2063 met die titel: The Africa we want. ISTEL (Instituto Superior de Teologia Evangėlica no Lubango), ’n ekumeniese teologiese skool in Lubango, Angola, het vanjaar die inisiatief geneem vir…
Daar is meer as sewentig verskillende groeperings binne Islam, waarvan die grootste die Sunni’s en die Shi’iete is. Sunni’s vorm die meerderheid – ongeveer 85%. Daar is ongeveer 1,6 miljard Sunni’s en 200 miljoen Shi’iete. Boonop is Shi’iete oor die algemeen in die Midde-Ooste gekonsentreer, terwyl Sunni’s meer verspreid is van Wes-Afrika tot Indonesië. Aangesien…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 15 September 2023
Vanaf 29 Julie tot 4 Augustus was Nico Mostert (PSD: Vennote in Getuienis, NG Kerk Vrystaat) en Daniël de Wet (PSD: Afrika Ekumene, Getuienis-aksie, Wes-Kaapland) tesame met enkele van hul sinodale leiers op besoek aan ons susterskerke in Zambië, Malawi en Mosambiek. Hul ervaring van hul besoek aan…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 8 September 2023
Vanaf 29 Julie tot 4 Augustus was Nico Mostert (PSD Vennote in Getuienis, NG Kerk Vrystaat) en Daniël de Wet (PSD Getuienisaksie Afrika-Ekumene, Wes-Kaapland) met enkele van hul sinodale leiers op besoek aan ons susterskerke in Zambië, Malawi en Mosambiek. Die getuienisse van hul besoek aan onder andere…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 15 September 2023
Getuienisaksie (Wes-Kaapland) loop al ’n lang pad met ons susterskerk in Mosambiek en was ook weer onlangs daar op besoek met van ons sinodale Wes-Kaapland- en Vrystaat-kerkleiers. Daarom is dit vir ons belangrik dat ons die geskiedenis van God se groot genade en die rol wat sy…
Vanuit Islam hoor mens dikwels die beskuldiging teenoor Christene dat hulle nie weet wie die Christelike kerk werklik is nie, aangesien daar so baie Christelike denominasies is. Na aanleiding van die Here Jesus se gebed in Johannes 17 oor eenheid in die kerk, is dit 'n beskuldiging wat ons ernstig moet opneem.
Die ironie van…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 8 September 2023
Dr Leon Foot, skriba van die NG Kerk Vrystaat Sinode was tydens die NG Kerk se onlangse besoek aan Malawi deel van die Vrystaat en Wes-Kaapland se sinodale groep van agt wat bevoorreg was om aan dié besondere susterskerk van ons besoek te bring.
Lees meer
| verskaf: Dr…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 1 September 2023
Ná ’n aangrypende reis na die hart van Afrika het ’n groep van agt sinodale leiers van die NG Kerk Sinode Vrystaat en Wes-Kaapland onlangs teruggekeer met gedeelde ervarings en getuienisse van ’n inspirerende besoek aan onder andere ons susterskerk in Zambië, die Reformed Church…
Hierdie kort artikel sluit ten nouste aan by die voriges, naamlik die stand van vroue en die huislike en gesinslewe in Islam. Dit spreek vanself dat ons onmoontlik al die belangrikste sake kan noem oor so ’n wye en diepgaande onderwerp.
In Islam is die huwelik (nikah) ’n wettige kontrak tussen die gades. Die huwelikskontrak…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 11 Augustus 2023
Ons Gereformeerde Familie weer byeen in Wellington
Nico Mostert (PSD Vennote in Getuienis) en Daniël de Wet, (PSD Getuienisaksie Afrika Ekumene, Wes-Kaapland) was vanaf 29 Julie tot 4 Augustus op besoek aan ons susterskerke in Zambië, Malawi en Mosambiek. Saam met hulle was twee kerkleiersgroepe van hul onderskeie…
Terwyl ons nou in Vrouemaand is, is dit goed dat ons bietjie kyk na die stand van vroue in Islam. Ek moet uit die staanspoor toegee dat daar uitsonderings is op die prentjie wat hierdie artikel teken. Die hartseer van hoe baie vroue in Islam behandel word, word egter hierin verwoord.
Wanneer jy in gesprek…
Ons het verlede keer gekyk na ’n aantal reëls (honderd om presies te wees) wat Moslems se daaglikse lewens tot in die fynste besonderhede reguleer. Daar is egter nog ’n stel van vyf beperkings wat inspeel op hulle daaglikse lewe. Hierdie beperkings kom daarop neer dat alles in Islam wissel tussen dit wat óf verbode…
Dit is maklik om Lesotho te sien as ’n nie-amptelike tiende provinsie van Suid-Afrika, maar die oomblik wat jy die grens oorsteek, weet jy hierdie is nie meer Suid-Afrika nie. Lesotho is ’n land van eenvoud en rustigheid; buiten die ongelooflike prag van die berge en valleie is dit steeds verstommend om daar aan te…
21 Julie 2023
Dr Kruger du Preez, kurrikulumkonsultant vir Network for African Congregational Theology (NetACT) in Angola en Mosambiek, en Hannes Theron, projekbestuurder van NetACT, was in Maart vanjaar op besoek aan Angola. Die doel van hul besoek was drieërlei: Eerstens om die Assosiasie van Teologiese Skole van Angola (AETA) in Lubango, Suid-Angola, se sesde…
21 Julie 2023
Verhoudingsbou en -instandhouding is, soos ons almal weet, die ‘gom’ van enige sinvolle verhouding. Soveel te meer is dit nodig vir ons as Christene om hierdie waardevolle verhoudings met ons susterkerke in Afrika sterk te hou. Getuienisaksie (Wes-Kaap) se Taakspan Afrika Ekumene fokus baie spesifiek daarop en daarom was dr Daniël de…
Die huislike lewe van toegewyde Moslems word streng gereguleer deur wette tot in die fynste besonderhede. Die doel daarvan is om die lewe van Mohammad na te volg en om daardeur vir hulself meriete op te bou vir die eindoordeel. Die gebruike wat hulle navolg, word die “Sunnas van Nabi” genoem, wat “pad van die…
Dis ’n groot voorreg. Dit help my om by te bly met die jongste navorsing, en die interaksie met studente gee my baie energie. Dis heerlik om te sien hoe die studente dit wat jy aan hulle leer, waardeer en toepas.
Dr Dawid Kuyler, VGK-emeritus
Ons het by dr Dawid Kuyler, VGK-emeritus en sedert 2019 gasdosent…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk | 16 Junie 2023
Ons susterskerk in Malawi legitimeer 24 teologiestudente
Ons juig saam met ons susterskerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode, wat op 10 Junie 24 teologiestudente gelegitimeer het. Hulle word opgelei by die Josophat Mwale Teologiese Instituut (JMTI) wat al sedert 1993 bestaan. Van hul studente kom doen…
Baie van ons weet hoe warm jou hart klop as familie uit die buiteland laat weet hulle is op pad en wil by jou kom inloer om te hoor hoe dit gaan. So is dit ook met ons geloofsfamilie in Afrika. Familie gee om vir mekaar.
Daarom was dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in…
Die term “Drie-Eenheid” kom nie in die Bybel voor nie. Tertullianus (150–240 nC) was waarskynlik die eerste kerkvader om die term te gebruik[1]. Die hele Bybel, van begin tot einde, is egter vol van die saak dat God drie Persone in een Wese is. Die Vader is God (Jakobus 1:17, Deuteronomium 32:6, Johannes 10:29), die…
Oorgeneem uit VrydagNuus, Kaapkerk | 2 Junie 2023
Foto verskaf: Dr Chifungo oorhandig ’n eksemsplaar van haar boek aan Malawi se presidentsvrou, mev Monica Chakwera.
Op Vrydag 25 Mei is die boek Let my people go! deur dr Phoebe Chifungo van ons susterskerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode, amptelik in Lilongwe by die…
Nou onlangs is ek in gesprek met ’n Moslem wat ’n hoë posisie beklee wat die verspreiding van die leer van Islam in Suid-Afrika betref. Mens sou hom die Direkteur van Dawa in Suid-Afrika kon noem. In die gesprek lê hy klem daarop dat die sake wat Moslems en Christene van mekaar verwyder, baie min…
Tydens ’n onlangse sendinguitreik na Durban besoek ons onder andere ’n moskee. Ons word getref deur die hartlikheid en gasvryheid waarmee ons ontvang word. Na ’n verduideliking aan die groep oor wat Islam behels, word ons getrakteer met koffie, koeldrank en koek. Ek en ’n ander predikant in die groep ontvang selfs ’n hardeband- Afrikaanse…
Lees ’n mens deur die anale van die geskiedenis, kom jy vinnig agter dat die Vrystaat en Lesotho onlosmaaklik verbind is aan mekaar – en eintlik maar een is. Die ryke taal en kultuur-erfenis van die Basotho’s is verweef met nalatenskap van die Franse sendelinge van die Paryse Sendinggenootskap wat in 1832 die werk daar…
Op Saterdag 29 April 2023 het die belydenisklas van die NG Gemeente Fichardtpark, Bloemfontein en die Jeuggroep van die RCA Gemeente Immanuel in Durban saam gekuier.
Die Bloemfonteiners het vir hulle belydenisklaskamp na Durban gegaan en het as deel daarvan die Durbaniete genooi vir aandete. Dit is die vrug van ‘n verhouding wat oor ‘n…
Ons wyk, wat hierdie artikel betref, af van die gesprek oor Dawa – die Moslems se gestruktureerde sendingaksie om die wêreld vir Islam te wen. Die rede daarvoor is dat Ramadan nou dikwels in die nuus is, aangesien dit hierdie jaar (2023) gestrek het van 22 Maart – 22 April.
Ramadan is die negende maand…
Verwoesting van Sikloon Freddy noodsaak dringende hulp
Inleiding
Rampe sal altyd met ons wees en dit vang ons gewoonlik onverhoeds, soos ons ook nou gesien het met die tropiese sikloon, Freddy.
Honderde mense het alreeds hul lewens verloor en duisende is ontheem. “Vanuit kerklike geledere moes daar dadelik planne beraam word oor hoe ons ons…
Islam vorm bloot 1,7% van Suid-Afrika se bevolking[1].
Aan die een kant sou mens op grond van hierdie stukkie statistiek kon argumenteer dat aangesien hulle so min is, behoort ons ons energie op ander persone en groepe te spandeer. Aan die ander kant sou mens verstom kon staan dat so ‘n klein deel van die bevolking, so…
Gemeentes in die Vrystaat is al vir baie jare op plaaslike vlak in Lesotho betrokke. Hierdie betrokkenheid sluit in uitreik-aksies, gemeente-skakeling, betaal van evangeliste en leraars se salarisse en vele ander vorms van kontak of hulp. Vanuit die Vennote in Getuienis-kantoor fokus ons skakeling meer op die ekumeniese verhoudinge met die Lesotho Evangelical Church in Southern…
ACTEA | Association for Christian Theological Education in Africa
Foto verskaf: Van die raadslede wat by die vergadering was (van die ander het dit aanlyn bygewoon). V.l.n.r.: Raadsvoorsitter dr Florence Muindi (Kenia), uitvoerende direkteur dr David Tarus (Kenia), raadslid dr Daniel Aji Kawata (Demokratiese Republiek van die Kongo), raadslid dr Nico Mostert (Suid-Afrika), raadslid me Ruth Edith Apolot Chirchir (Uganda/Kenia) en raadslid me Mueni-Nyokabi Kahumbira…
Die afgelope tyd gaan daar heelwat stemme op wat vra na die rol van die kerk, of die kerk se stem binne die geo-politieke moeras waarin ons land haarself bevind. Media- voorblaaie word oorheers met berigte van die kragkrisis tot die hospitaalwerker-stakings tot dienslewering-betogings by Ventersburg.
Die term moeras is dan dalk ’n baie gepaste…
Ons het in die vorige studie gesien dat Islam een van enkele godsdienste is wat aktief aan die uitbreiding van daardie godsdiens werk. Ons as Christene noem dit sendingwerk. Moslems noem dit dawa. Patrick Sookhdeo[1] het ‘n boek geskryf met die titel Dawa. Meer betekenisvol is die subtitel: “The Islamic strategy for reshaping the modern world”.
Een van die…
Hoe gemaak as jy weet van mense na aan jou wat met oorweldigende uitdagings te kampe het wat dreig om hulle te verswelg; dat hulle só raad-op voel dat hulle nie meer weet watter kant toe nie? Jy klim op ’n vliegtuig en gaan sit saam met hulle om ’n tafel met die boodskap: Kom…
Moderature van Gereformeerde Familie in Vrystaat
– saam op reis –
Om familie te wees en aan dieselfde tafel te gaan sit en kuier, is ’n groot voorreg, want dit sê ‘jy behoort’. En as dit jou nog boonop die geleentheid gee om oor diep en uitdagende sake na te dink en saam daaroor te…
– ’n Versoek tot biddende ondersteuning –
Tobie en Annalie de Wet, wat ná hul aftrede as sendelingspaar van meer as twintig jaar by die Reformed Church in Japan (RCJ) nou al geruime tyd op Swellendam woon, is nou weer op pad terug na Japan. Hierdie keer as “brug”-sendelinge.
Ons NG Kerk (Missie Japan) staan in 'n amptelike sustersverhouding…
Hiermee wens ons vir dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis, veels geluk met sy benoeming as raadslid van die Association for Christian Theological Education in Africa (ACTEA).
Die twee hoofredes vir die bestaan van hierdie belangrike assosiasie is:
om akademiese akkreditasie van teologiese programme aan te bied deur 'n streng proses van gehalteversekering en aanspreeklikheid, en…
Die Christelike godsdiens is by uitstek ‘n sending-georiënteerde godsdiens. Dit is so na aan die kern van ons godsdiens dat Dietrich Bonhoeffer tereg gesê het dat die kerk nie ‘n sending het nie, maar dat die sending eerder ‘n kerk het. Die kerk doen ook nie sending nie, dit is ‘n sending.
Die meeste ander godsdienste is nie na…
Een van die mees bekende verhale in die wêreld is dié van Alladin. Dit is ‘n baie ou storie wat deel is van die Arabiese verhale, soos ook Sinbad the Sailor. Die verhaal van Alladin is vir die eerste keer in Frans gepubliseer in 1709 deur Antoine Galland na aanleiding van ‘n onbekende Siriese storieverteller se verhale.…