Blog
Traumaberading

Trauma (Covid-19, hoë vlakke van geweld, ens) is deel van ons hartseer werklikheid en daarom word Traumaberading deur die NG Kerk Vrystaat se Bedieningsbegeleiding gevestig om plaaslike berading aan getraumatiseerdes in gemeentes en gemeenskappe beskikbaar te stel. Dr Johan Nel van die Pastorale Terapie Spreekkamer by Universiteit van die Vrystaat (UV) en wat by HPCSA (Health Professions Council of South Africa) geregistreer is, tree as
traumaberader op.
Traumaberading wat Bedieningsbegeleiding aanbied, verloop as volg:
Stap 1:
Waar traumatiese gebeure in gemeenskap plaasvind, kan òf Bedieningsbegeleiding die gemeente nader en Traumaberading aanbied òf die gemeente kan Traumaberading versoek.
Stap 2:
Tydens die eerste plaaslike kontakbesoek word die leraar ondersteun en toegerus sowel as sessies vir getraumatiseerdes aangebied. Bedieningsbegeleiding vergeld die aanvanklike dienste deur die Netwerk vir Gender Geregtigheid. Die moontlikhede van vergoeding vir verdere berading sluit in persoonlik, mediese fondse, gemeente of die ring. Traumaberading word inklusief en oor grense aangebied.
Stap 3:
Opvolgbesoeke word met die berader afgespreek.
NAVRAE:
Dr Johan Nel | 083 400 0267 | seminarium@ngkvs.co.za
Ds Barnard Steyn | 082 842 7028 | bicsteyn@ngkvs.co.za
Nuutste Artikels
-
Riglyne vir eredienste en begrafnisse - Aangepaste vlak 3 van inperking
12 Jan 2021 -
Steeds omgeef Alfa, Omega ons
5 Jan 2021 -
Geloftedag of Versoeningsdag?
16 Dec 2020 -
Erediens Netwerk | Bemagtiging van gemeentes en predikante
10 Dec 2020 -
'n Goeie reis
3 Dec 2020