Blog

Skriba-opleiding 7 & 14 Junie 2022

 1 Jul 2022  Mnr Tertius Botha   Ondersteuning

Die Skriba-opleiding, soos gehou op 7 Junie in Bethlehem en 14 Junie in Sasolburg, was weereens suksesvolle geleenthede. Dit bly lekker om hierdie vriendelike mense te ontmoet en hulle netwerk van ondersteuning uit te brei. Daar het nou altesaam 60 skribas hierdie opleiding bygewoon. Die wat dit nog nie bygewoon het nie, wil ons aanmoedig om dit wel by te woon en om met die Sinodale kantoor in verbinding te tree. Alle gemeentelike kerkkantoor-amptenare behoort hierby baat te vind. Die volgende geleentheid word beplan vir 16 Augustus in Bloemfontein.

Indien u belangstel in die opleiding, kan u vir Tertius Botha kontak by tbotha@ngkvs.co.za of by 051 406 6700.


7 Junie – Bethlehem-Efrata

Foto: Vlnr: Elize Lamprecht (BHM-Efrata), Elize Hattingh (Arlington), Winnie Ruocco (Harrismith), Mientjie van der Walt (Paul Roux), Erika Wilkinson (BHM-Efrata), Rachel Klopper (Lindley), Elana Stander (BHM-Eureka), Alta Herbst (BHM-Panorama), Anita Oberholzer (Frankfort), Madelize Fourie (Senekal), Illona Budiscak (Frankfort), Rita Schoeman (Kerkenberg), Elana du Plessis (Vrede-Wes), Ina Atkinson (Senekal-Noord), Carin van Aswegen (Vrede), Elize Otto (Memel), Karen Boshoff (BHM-Noord). Adele Hamman van Fouriesburg het ook bygewoon maar is nie op die foto nie.


14 Junie – Sasolburg-Fontein

Foto: Vlnr: Magda van der Merwe (Heilbron-Suid), Rina Pienaar (Parys), Sylvia Meyer (Vaalpark), Matty Last (Parys-Oos), Linda Beukes (Koppies-Weltevrede), Arina Olivier (Vierfontein), Elsje Smit (Sasolburg-Vier Ankers), Ria Rautenbach (Deneysville), Daleen Bruyns (Sasolburg-Vier Ankers), Esther Goosen (Parys-Oos), Theo Dunn (Parys-Suid), Magda van Niekerk (Sasolburg-Fontein), Annelie Janse van Vuuren (Parys-Wes)