Blog
Sinodale Konferensie 2021

Op 23 en 24 November het sowat 100 predikante, kerkraadslede en lidmate by Summerwood (net buite Bloemfontein) bymekaargekom vir ’n 2-dag konferensie waar saam gepraat is oor bandpunte wat tans die kerk in die Vrystaat raak. Die volgende sake het aan die orde gekom tydens die konferensie:
- 'n Pastorale gesprek: Hoe gaan dit met die boodskappers van die goeie tyding (Predikantebediening) | Klik hier vir die opname
- Skrifbeskouing en etiek: Hoe lees en leef ons dit wat ons glo? | Klik hier vir die opname
- Belydenis, identiteit en kerkverband: Hoe leef ons saam met mekaar? | Klik hier vir die opname | Klik hier vir die uitdeelstuk van ds Jan Lubbe
- Van dialoog na gesprek: Hoe praat ons met mekaar? | Klik hier vir die opname
- 'n Pastorale gesprek: Hoe gaan dit met gemeentes se hoop? | Klik hier vir die opname | Klik hier vir die Powerpoint voorlegging van prof Kobus Schoeman
Die konferensie het ten doel gehad om mense met verskillende standpunte in een vertrek bymekaar te bring en 'n forum te skep waar ons met mekaar kan praat en na mekaar kan luister. Daar is ruim geleentheid gegee om met mekaar te praat en om standpunte te stel. Ná afloop van die konferensie is tydelike taakspanne gevorm om te werk aan temas wat deur die konferensiegangers geïdentifiseer is waaroor daar verder tydens die komende Vrystaatse Sinode gesprek gevoer moet word. Die volgende temas is geïdentifiseer wat by die Sinode in sitting hanteer en bespreek moet word:
- Dolering en uittreding uit die kerkverband
- Skrifbeskouing en Skrifhantering
- Teologiese opleiding
- Kleiner-wordende gemeentes
- Die kerk in 'n post-covid era.
Daar is tydelike taakspanne saamgestel wat na hierdie sake moet kyk en die sinode ter vergadering met 'n verslag moet bedien.
Foto's verskaf
Nuutste Artikels
-
Laetus Lategan – so helder soos glas
20 May 2022 -
Die (in)stemming van daai eerste preek
20 May 2022 -
Dis waar ons “boldness” lê - 2 Korintiërs 3:11-12
20 May 2022 -
Adrie Potgieter – ’n nuwe vonk in ons vuur
20 May 2022 -
Netwerke: Geregtigheid
20 May 2022