Blog
Maak ons haatstories hoopstories

Tydens die Clarens-retreat vir ringsverteenwoordigers is daar op die program tyd ingeruim vir plaaslike stemme uit Clarens om vir die dominees te vertel van hulle persoonlike belewenis van die NG Kerk. Een van hulle was Jabulani Mokoena, ’n jong man wat in Clarens grootgeword het. Hy is ’n opgeleide toergids en regstudent aan die Vrystaatse Universiteit, en is betrokke by verskeie gemeenskapsinisiatiewe, onder meer ’n nuwe projek vir plaaslike rugbyspelers en ’n maandelikse potjiekos-geleentheid om mense uit die verskillende groepe van die Clarens-gemeenskap bymekaar te bring. Ds Jan de Man van Viljoensdrif het die volgende haiku-gedig oor Jabulani se bydrae geskryf. Jan verwys na Jabulani se mededeling dat sy oupa deur boere vermoor is en hoe hy sy bitterheid moes oorkom, en dink dan terug aan sy eie vriend Koos Tamatie, eens ’n groenteboer naby Brits, wat enkele jare gelede in ’n plaasmoord omgekom het.
Here maak ons haatstories hoopstories
Here, baie nagedinkmoeilik moeilik om te skryf
naby aan die lyf
Jabu se oupaen Koos Tamatie se storie
ons land se stories
Jabulani verteloupa deur boere vermoor
die hel oor en oor
hy onthou so goedhaat deur jare oorgedra
bitter en gepla
Koos se storie ismaar net nog 'n plaasmoord is
vandag nog seer gewis
stories dieselfdeverkeerd en so bitter sleg
vorm ons, vat vrede weg
onbekendheid, vreesmoedeloosheid wat sal wees
in ons land se gees
dit sien ons elke dagsonder praat, in stilte haat
wag vir nog 'n slag
maar ek sien ook ietsnuuts by Jabulani raak
wat hoop kan oopmaak
dat hy teen die haat stryvertel hoe God hom nuut lei
troos en ook bevry
hy brugbouer noumet Afrikaner-vriende
saam soek, dien, bou
Here net U alleenkan ons land en seer genees
ons met mekaar seën
Here begin danvandag nou en hier by my
wil ook my bevry
en binne geneesVorm, lei en stuur my deur U Gees
om salf en gom te wees
Foto verskaf deur Magdaleen du Toit
Nuutste Artikels
-
Net ‘n bietjie tyd…
1 Jul 2022 -
Islam op ons voorstoep
1 Jul 2022 -
Digitale bediening ná Covid
1 Jul 2022 -
Skriba-opleiding 7 & 14 Junie 2022
1 Jul 2022 -
WEES ANTI-BROOS!
1 Jul 2022