Blog

Demensie en Geestesgesondheid

 22 Oct 2021  Dr Kruger du Preez   Gerontologie Netwerk

Hoe help ék my geliefde om te voel hulle word ‘gehoor’ en ‘raakgesien’?  Onthou dis baie keer die gevoel van isolasie en ‘n omgewing wat nie ondersteunend is aan behoeftes nie, wat veroorsaak dat persone met demensie swak ‘mental health’ ervaar.

  • Aktiewe luistervaardighede (Google dit).  Al verstaan jy nie wat die persoon sê nie, kyk hulle in die oë, knik jou kop (nie oordrewe of neerhalend nie), maar gee opreg aandag. Mens kan baie verstaan as jy fyn luister en kyk na iemand se liggaamstaal en luister na hulle stemtoon (veral as jy die persoon goed ken).
  • Hanteer die persoon sò normaal as moontlik.  ‘n ‘Normale’ omgewing en daaglikse roetine = ‘n meer ‘normale’ gedragspatroon.
  • Betekenisvolle aktiwiteite.  Doen iets saam wat genot verskaf vir die persoon met demensie.  Maak ook seker hulle ervaar sukses.  Moenie ‘n taak gee wat hulle nie kan doen nie (soos bv. te veel stap in ‘n aktiwiteit, te veel goed onthou nie, ens).  Gee eerder iets wat hulle met gemak kan voltooi of maak seker jy is byderhand om te help as dit nodig sou wees.
  • Laat toe dat die persoon help met huistakies of selfsorgtakies.  Moenie alles namens die persoon doen nie - dit ‘disable’ hom/haar.  Takies soos skottelgoed afdroog, groente skil, hare kam ens.  Binne perke van die persoon se vermoëns.
  • Spandeer tyd in die tuin en sonnetjie.  Onthou elke persoon moet ten minste 15 minute  elke dag sonlig kry. 
  • Gaan op uitstappies - al is dit net rondrits in die kar sonder om êrens uit te klim.  Selfs ‘n lekker melkskommel!
  • Luister kalmerende musiek, kyk na rolprente of programme oor diere. 
  • Oefening is BAIE belangrik.  Gaan stap ‘n ent of doen sittende stoeloefeninge. 
  • Slaap is van kardinale belang vir goeie geestesgesondheid.  As jou geliefde (met demensie) nie goed slaap nie, sal hulle nie optimaal kan funksioneer nie en sal hulle kognisie nog erger negatief beïnvloed word.
  • Medikasie: Medikasie en die korrekte kontrolering daarvan is uiters belangrik.  Hou dop hoe die persoon op nuwe medikasie reageer en of sekere medikasie nie akkodeer nie. 
  • Haal diep asem.  Doen asemhalingsoefeninge saam.  ‘n Kalm en rustige omgewing met min geraas is ideaal.