Skip to content Skip to footer
Nuus
  • HELP ONS OM DIE BOEREVERENIGINGS TE HELP! VRYSTAAT-BRANDE | HOOPFONDS | ONS KORT JOU HULP! | NG KERK VRYSTAAT | Nedbank | Tjekrekening: 1178 097 218 | Takkode: 198765 | VERWYSING: VS-Brande | Navrae: Diens van Barmhartigheid Ds De la Harpe le Roux 083 232 1051 / dlh@ngkvs.co.za
  • HELP ONS OM DIE BOEREVERENIGINGS TE HELP! VRYSTAAT-BRANDE | HOOPFONDS | ONS KORT JOU HULP! NG KERK VRYSTAAT | Nedbank | Tjekrekening: 1178 097 218 | Takkode: 198765 | VERWYSING: VS-Brande | Navrae: Diens van Barmhartigheid Ds De la Harpe le Roux 083 232 1051 / dlh@ngkvs.co.za
  •  
Beursaansoek

Helpmekaar Vrystaat Beursfonds

Welkom by Helpmekaar Vrystaat Beursfonds

Met jou aansoek vir ‘n beurs is die volgende inligting baie belangrik:

Algemene Inligting | Instruksies

Voorwaardes

  1. Slegs studente wat aan die volgende voorwaardes voldoen sal in aanmerking kom vir ‘n toekenning uit hierdie beursfonds:
  • Studente wie se ouers in die Vrystaat woon.
  • Studente wat lidmaat is van een van die volgende kerke: NG Kerk, Ned Hervormde Kerk of Gereformeerde Kerk, VGK of NGKA.
  • Studente wat aan ‘n Vrystaatse instansie studeer en wat SAQA ( South African Qualifications Authority) geakkrediteer is.

2. Studente moet elke jaar opnuut aansoek doen vir ‘n beurs.

3. Uitbetalings geskiet halfjaarliks vooruit met die ontvangs van jou jongste eksamenuitslae, en is onderworpe aan jou bevredigende vordering, asook die bewys van jou vordering rakend die Helpmekaar Uitreik-Aksie.

4. Ingeval dit mag gebeur dat ‘n student hom/haar wangedra of dat hy/sy onder normale omstandighede nie bevredigend vorder nie, sal die uitbetaling van die toegestane beurs gestaak word.

5. Indien die student van studierigting verander, sal geen verdere beurse toegeken word nie.

6. Dit is net toeganklik vir studente wat vir hul eerste kwalifikasie gaan studeer om aansoek te doen vir die beursfonds.

7. Aansoeke sluit op die 31ste Januarie 2024.

Helpmekaar
Uitreik-Aksie

Die Helpmekaar Vrystaat moedig studente aan om betrokke te raak by die werksaamhede in jou eie gemeente of deur betrokke te raak by uitreik-aksies in jou gemeenskappe.

Toekennings wat aan studente gemaak word, word in twee dele uitbetaal. Die eerste helfte word uitbetaal na lewering van die student se uitslae en die bewys van registrasie in die eerste semester. Om te kwalifiseer vir die uitbetaling in die tweede semester, moet die student:

Die Helpmekaar-dag bywoon. Hierdie geleentheid word gedurende Maart gehou waar die studente ingelig word oor waar die Helpmekaarfonds vandaan kom en ‘n motiveringspreker die studente sal toespreek. 

en

Bewys van ten minste twee uitreik-aksies wat bygewoon is gedurende die eerste semester. Die organiseerder/predikant moet die Vorm invul en onderteken wat as bevestiging sal dien dat die student wel die uitreik bygewoon het.  Voorbeelde van uitreik-aksies: Hulp met kerkbasaar, sopkombuis, Street Store, gholfdag of enige ander enkel-dag uitreikgeleentheid.

of

Bewys van deurlopende betrokkenheid binne die gemeente. Voorbeelde van betrokkenheid: Aanbied van kategese, deel van die tegniese span, deel van die musiekgroep, dien in die kerkraad of enige ander deurlopende aktiwiteit van die gemeente.

en

Bewys dat ten minste 50% van die eerste semester se vakke geslaag is.

Aansoekvorm

Helpmekaar Vrystaat Beursfonds


navrae | queries

Beursaansoeke | Bursary Applications

TERTIUS BOTHA
BESTUURDER: DEPARTEMENT ADMINISTRASIE EN INLIGTING
ADMINISTRATION AND INFORMATION DEPARTMENT MANAGER
+27 (0)51 406 6700
+27 (0)82 879 7502
tbotha@ngkvs.co.za
116 | Maatskaplike NOODLYN