Sluitingsdatum: 27 Februarie 2025
Deur ds Gerber Roux, leraar van NG Gemeente Hospitaalpark
“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Johannes 10:27-28 AFR20
Vroeg in sy brief aan die…
Deur dr Enrico Casaleggio, Vennote in Getuienis
Soos voorheen genoem, is dit nogal ’n missie om uit Moslems ’n samehangende antwoord te kry op hulle aanspraak dat die Bybel gekorrupteer is. Wanneer mens wel ’n goeie antwoord kry (wat steeds feitelik verkeerd is), dan is Paulus saam met Konstantyn hoog op die lys van hulle…
Deur Mariëtte Odendaal
In jou geestesoog sien jy Maria met die pasgebore baba, Jesus, in haar arms, met Josef en die herders in ’n halfmaan om die jong ma en Kind, hul oë vasgenael op die krip, dof verlig deur ’n lantern wat aan ’n balk hang. Op die agtergrond staan ’n paar staldiere en…
NG Kerk Vrystaat Bedieninge | Uitvoerende Amptenare
Visionering
Bedieningsbegeleiding
Diens van Barmhartigheid
Vennote in Getuienis
Ondersteuning
Met dankbare harte kyk ons terug op die afgelope jaar en al die genade en groei wat ons as geloofsgemeenskap beleef het. Soos die ster van Betlehem helder geskyn het, herinner dit ons aan die lig en hoop wat…
“Ek het ’n diep geestelike ervaring daar beleef.” Dr Dawie Botes
Ondervoorsitter: NG Kerk Vrystaat-moderatuur
Deur Mariëtte Odendaal
“Die Mooi Parys-projek fokus nie net op die skoonmaak van Parys nie, maar waar ons kan, herstel en verfraai ons ook ons dorp.” Braam Celliers
As jy die dag besluit op watter dorp jy ná jou aftrede wil gaan woon, neem jy baie faktore in ag. Een daarvan is dat dit…
Deur Mariëtte Odendaal
Die meeste van ons het al begin om ’n denneboom, hetsy van ’n kwekery of een van plastiek uit ’n winkel, in die een hoek van ons woonvertrek te versier. Aanhangers van Koos du Plessis se ‘Somerkersfees’ het waarskynlik ’n garing- of doringboompie volgens eg-Suid-Afrikaanse tradisie in die hoek. Ná weke van…
“Dis die geregtigheid van God wat moet seëvier. Ons is as sy bedienaars van vrede en versoening geroep.” — Dr Stéphan van der Watt
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Kuratorium, NG Kerk Vrystaat
Oor ’n onverwagse soli Deo Gloria, onbeskryflike vreugde en teologiese opleiding.
“God. He orchestrates my success story.” Haar antwoord hét verras. Want die vraag was gewoon: “What has been the most important factor contributing to your learning and development at this institution?” Die…
Deur prof Kobus Schoeman, Praktiese en Missionale Teologie, Fakulteit: Teologie en Religie, UV
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid ...” Matteus 6:33 AFR20
As gelowiges bid ons die gebed “laat U koninkryk kom ...” gereeld as deel van die Ons Vader-gebed of as deel van ons eie gebede. Ons, as landsburgers,…
Deur dr Enrico Casaleggio, Vennote in Getuienis
Met enigiets in die lewe is dit baie belangrik om presies te verstaan wat ’n persoon se probleem is voordat jy die probleem wat hy stel, behoorlik kan beantwoord. Ons het reeds gesien dat Moslems graag sê dat hulle nie die Bybel kan glo nie, aangesien die Bybel…
Deur prof Laetus Lategan, tentmakerleraar verbonde aan die NG Gemeente Bloemheuwel
’n Internetspeurtog oor Kunsmatige Inseminasie (KI) bring ’n verrassende resultaat na vore: In die laat 1800’s was dié tegniek reeds aan die ontwikkel. In kort het KI die moontlikheid om nuwe lewe te skep en kinderlose egpare die hoop op ’n gesin gee. Dus:…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Kerkgeskiedenis, die verhaal van die liggaam van Christus deur die eeue, vanaf daardie opwindende oomblik van Pinkster, bied steeds volhoubare insigte wat betekenisvol is vir getroue gelowiges. Dit is waardevol om na die verlede terug te kyk en te leer hoe die kerk verskeie uitdagings, soos dwaalleer, vervolging…
Deur Mariëtte Odendaal
‘Hier is daar geen Afrikaner of Sotho, man of vrou, huiseienaar of hawelose nie. Maar hier is Christus alles en in almal.’
Die Tweetoringkerk-leuse (’n Gewysigde Kol 3:11)
Die NG Kerk Bloemfontein, of beter bekend as die Tweetoringkerk, is een van die stad se mees ikoniese historiese kerkgeboue…
Deur Mariëtte Odendaal
“Die inwoners van Beukeskuil Sorgsentrum het maar almal ’n verhaal van hoe hulle geen heenkome meer gehad het nie en op straat sou moes leef as hulle nie by die sentrum geakkommodeer sou kon word nie.” So vertel Pieter van der Merwe, lidmaat van die NG Gemeente Riebeeckstad-Erfdeel, wat al jare…
Deur Mariëtte Odendaal
In 'n wêreld waar ons al hoe meer bewus raak van die impak wat ons op die omgewing het, is daar geen beter tyd as Kersfees om volhoubaarheid deur middel van ons geskenke te ondersteun nie. Eko-vriendelike Kersgeskenke bring nie net vreugde aan die ontvanger nie, maar dra ook by tot die…
Deur dr Nina Müller van Velden, Departement Ou en Nuwe Testamentiese Studies, Fakulteit Teologie en Religie, UV
Die akademiese jaar beweeg spoedig einde se kant toe. Die kampus raak al hoe stiller en die verkeer al hoe minder. Namate die laaste nasienwerk afgehandel word, raak die vooruitsig van rus toenemend ’n werklikheid. Te midde van…
Deur ds Janke Hurterr | Erediens Netwerk
Ek lees eenmaal hoe iemand die doop en die ingroei in die doop-identiteit wat daarmee saamhang, beskryf deur na die dooprok te verwys. Die persoon verduidelik dat die dooprok eintlik heeltemal te groot behoort te wees vir die kindjie omdat die doop juis iets is waarin ons ingroei. Op…
Deur ds Willie Griesel, leraar van NG Gemeente Hertzogville
“So gaan dit ook met die geloof: As dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.” Jakobus 22:17 AFR83
In hierdie tyd van die liturgiese jaar, staan ons stil by Koninkrykstyd. Dit is die tydperk ná Pinkster tot en met Advent wat in…
Deur dr Enrico Casaleggio, Vennote in Getuienis
Mohammed het beweer dat hy 'n profeet van dieselfde God as die Christene en die Jode is. Om hierdie bewering te staaf, het hy hom op twee maniere op die Bybel beroep. Eerstens het hy gesê dat Jode en Christene kan weet dat hy 'n ware profeet is,…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Hervormingsdag herinner ons aan ’n gebeurtenis wat ’n groot invloed gehad het op die verstaan van kerkwees, geloof en verlossing in die Christendom sedert die 16de eeu. Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 stellinge in reaksie op die leerstellings en praktyke van die Roomse Kerk…
Deur Mariëtte Odendaal
Die hele Novembermaand word jaarliks geoormerk om op mansgesondheid te fokus. Hierdie bewusmakingsveldtog word Movember genoem. Prostaatkanker en depressie onder mans neem wêreldwyd toe en verdien baie meer aandag as wat dit tans kry. Statisties is mans geneig om minder aandag aan hul fisieke gesondheid, maar veral ook hul geestesgesondheid te gee;…
Sluitingsdatum: 3 Januarie 2025
“Ek het ’n diep geestelike ervaring daar beleef.” Dr Dawie Botes
Ondervoorsitter: NG Kerk Vrystaat-moderatuur
Deur Mariëtte Odendaal
Gebruik minder plastiek - dra positief by tot ’n skoner aarde Is jy dalk al moeg daarvan om gedurig te hoor hoe belangrik dit is om minder plastiek te gebruik? Wel, moet nooit daarvoor moeg word nie; raak wakker en begin daadwerklik iets daaraan doen. Waarom is dit so belangrik om minder…
“Dis die geregtigheid van God wat moet seëvier. Ons is as sy bedienaars van vrede en versoening geroep.” — Dr Stéphan van der Watt
“Dis die geregtigheid van God wat moet seëvier. Ons is as sy bedienaars van vrede en versoening geroep.” — Dr Stéphan van der Watt
By prof Zoro Dube, head of Department of Religion Studies, UFS
The study of religion - its permutations, influence and intersectionality with other social sciences such as politics, economy and culture has been a fascinating topic of discussion that lured, baited me to the academic field of religion and theology. I come from a reformed…
Sluitingsdatum: 11 November 2024
Deur ds Stephan Swart, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Efrata
“Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.” Prediker 3:13 AFR83
Ons trek al in Oktober van 2024 en ek kan dit amper nie glo nie. Die jaar is so te…
Deur dr Martin Laubscher | Erediens Netwerk
In verlede jaar se Beecher Lectures vertel Alexander Deeg van ’n prediker wat ná jare in die bediening meteens die gewoonte begin ontwikkel het om bloot ná min of meer sewe minute in die preek skielik te stop en oor te gaan na die volgende liturgiese handeling in…
Deur dr Enrico Casaleggio, Vennote in Getuienis
’n Sentrale struikelblok in die gesprek tussen Christene en Moslems is dat Moslems sê dat Christene en Jode die Bybel vervals het en dat dit daarom nie betroubaar is nie. Aangesien dit ’n groot struikelblok in die gesprek tussen Christene en Moslems is, spreek dit vanself dat dit…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Kopanong, voorheen bekend as Kovsiekerk, het diep verbintenisse met huidige en voormalige studente, asook met die breër gemeenskap van die Vrystaat. Die Kovsie-gemeente het oor baie dekades ’n waardevolle rol gespeel binne die studentegemeenskap sedert die kerkgebou in 1984 opgerig is. Dit was ’n plek waar studente van…
“Ek het ’n diep geestelike ervaring daar beleef.” Dr Dawie Botes
Ondervoorsitter: NG Kerk Vrystaat-moderatuur
Oorgeneem uit cbd.int/conferences/2024
Die Verenigde Nasies (VN) se Biodiversiteitskonferensie (COP16) word van 21 Oktober tot 1 November 2024 in Cali, Colombia gehou. Met slegs ses jaar oor om die wêreldwye biodiversiteitsteikens wat in 2022 aangeneem is, te bereik, verteenwoordig COP16 'n kritieke oomblik om finansiering te mobiliseer en aksies vir die natuur op te skaal.…
Deur Mariëtte Odendaal
Die Ring van Bloemheuwel – Better Together
“Tydens so ’n kamp kry die kinders die geleentheid om deur verskeie leraars, elk met hulle unieke gawes, in hul verhouding met die Here onderrig en geestelik begelei te word.”
Ds Ettienne Engelbrecht
Leraar: NG Gemeente Heuwelsig
Die NG Kerk Vrystaat het in die 2023/24-boekjaar…
“Dis die geregtigheid van God wat moet seëvier. Ons is as sy bedienaars van vrede en versoening geroep.” — Dr Stéphan van der Watt
“Dis die geregtigheid van God wat moet seëvier. Ons is as sy bedienaars van vrede en versoening geroep.” — Dr Stéphan van der Watt
Deur dr Lyzette Hoffman, uitvoerende redakteur: Acta Theologica, Fakulteit Teologie en Religie, UV
“Ons dade moet dít uitdruk waarvoor ons hoop,” het aartsbiskop Thabo Makgoba die gehoor mee aangespoor tydens die Tutu-Jonker Gedenklesing by die Fakulteit Teologie en Religie op 23 Oktober 2024. Aartsbiskop Makgoba het verskeie ere-doktorsgrade, onder andere van die Universiteit van die…
Sluitingsdatum: 20 November 2024
Deur ds Janke Hurter | Erediens Netwerk
’n Vasgestelde ritme van aanbidding is algemeen in die wêreld van godsdiens. Terwyl aanbidding elke dag gedoen word, en baie keer selfs verskeie kere gedurende die dag, word sekere dae as veral heilige dae gesien. Vir Christene is Sondag die vasgestelde dag van gesamentlike aanbidding. Regoor die wêreld…
Deur ds Lunette Basson, leraar van NG Gemeente Theunissen-Wes
“Maar die wysheid van bo is in die eerste plek suiwer, en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.” Jakobus 3:17-18 AFR20
As ek so terugkyk…
Deur dr Enrico Casaleggio, Vennote in Getuienis
Soos die vorige artikel is hierdie ook nie een wat heeltemal inpas by ons reeks wat apologetiese gesprekke met Moslems betref nie. Indonesië is egter uiters belangrik vir Christene se gesprek met Moslems, aangesien dit die tuiste van meer Moslems in die wêreld is as enige ander land.…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Die traptoer het afgeskop op Saterdag, 14 Augustus, en geëindig op 31 Augustus, tydens die semesterbreuk. Hierdie unieke uitreik was gemik op teologiese bewusmaking in landelike gemeenskappe, geloofsgroei, en natuurlik, fietsry. Die teologiese bewusmaking is met groot sukses geïntegreer by gemeentes deur gesamentlike gesprekke met die katkisante, waar…
Deur Albert Geldenhuys
Albert Geldenhuys het onlangs sy verhandeling ingedien oor die kerkgeboue wat deur die argitek Wynand H. Louw (1883-1967) ontwerp is. Geldenhuys is ’n nasaat van Louw. Dié Meestersgraad-dissertasie in argitektuur bevat kosbare inligting oor kerkgeboue in die land, maar ook die Vrystaat, wat deur Louw ontwerp is. Die kerkgebou van Port Elizabeth…
Oorgeneem uit VrydagNuus, Kaapkerk, 20 September 2024
Die NG Kerkargief was vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasgevind het. Die Argief het vyf diskoerssessies in die kapel van die Fakulteit Teologie aangebied: 1. Veldpredikers van die Suid-Afrikaanse oorlog Die werk…
“Ek het ’n diep geestelike ervaring daar beleef.” Dr Dawie Botes
Ondervoorsitter: NG Kerk Vrystaat-moderatuur
Oorgeneem uit worldmigratorybirdday.org
Trekvoëls het ’n besondere plek in die skepping. Jaarliks migreer hulle duisende kilometers oor kontinente heen, wat hul oorlewingsvermoë en die krag van God se handewerk beklemtoon. Op 12 Oktober 2024 vier ons Wêreldtrekvoëldag om bewusmaking te skep oor die uitdagings wat hierdie wonderlike wesens in die gesig staar, en hoe ons…
Deur Mariëtte Odendaal
Die Ring van Goudveld belê in hul vroue en kinders
“Die droom van ons Damesoggend was om ’n bederf-geleentheid met ’n lewensveranderde boodskap te reël wat vir alle belangstellende vroue bekostigbaar sou wees.” Hannetjie Nel Bestuurslid van die sinodale vrouebediening
“Die #Imagine KIDZ was ’n geleentheid wat die kinders van ons…
“Dis die geregtigheid van God wat moet seëvier. Ons is as sy bedienaars van vrede en versoening geroep.” — Dr Stéphan van der Watt
Deur dr Pieter van Jaarsveld, Emeritus
Die Netwerk vir Gerontologie, ’n onderafdeling van Bedieningsbegeleiding van die NG Kerk Vrystaat wat fokus op betekenisvolle veroudering van mense, het op 11 September 2024 ’n aanbieding gereël in die Engosaal by Westerbloem waar daar aandag gegee is aan ’n baie aktuele onderwerp wat alle seniors raak. By…
Deur prof Kobus Schoeman, Departement Praktiese en Missionale Teologie, UV
Die Algemene Sinode besluit in Oktober 1978 om ’n derde teologiese fakulteit aan die Universiteit van die Vrystaat te vestig. Ek sit as ’n eerstejaarstudent in die galery van die Sinodale Sentrum in Bloemfontein toe die besluit geneem word. Dit is vir my die begin…
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2024
Deur ds Christo Weideman, voorsitter: Sinodale Taakspan Kerkorde (STK)
Neem lees ... die Kerkorde Neem lees ... die Bybel Neem lees ... die Koerant/Nuus Dit was die volgorde waarin die temas van die afgelope VBO-kursus by Moolmanshoek plaasgevind het ... en tong-in-die-kies is daar gespot en gesê dis mos die volgorde waarin die STK-voorsitter se…