Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Drie sleutels as lewend-kragtige rigtingwysers

Deur ds Zak Scholtz, leraar, en prof Hesta Friedrich-Nel, gemeentebestuurder, van NG Woodland Hills Gemeenskapskerk In die alombekende Alice’s Adventures in Wonderland[2] vra Alice aan die onsigbare kat: “Ek sal graag wil weet watter pad ek moet neem.” “Dit hang af waarheen jy wil gaan,” antwoord die wyse kat. “Wel dit maak nie regtig saak…

Read More

Hoekom Kersfees?

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Klein kinders is slimmer as wat ons dink. Met 'n eenvoudige vraag leer hulle hulle hele wêreld ken. Enige ouer wat al 'n vierjarige se “hoekoms” moes antwoord, sal verstaan. Dalk moet ons by hulle leer en meermale “hoekom” vra. Soos met Kersfees. Ek kan dink…

Read More

’n Tydlose boodskap

Deur Maryna van Wyk, vryskutjoernalis en kopieskrywer Male sonder tal het ek die afgelope ruk gehoor hoe sleg die jaar vir talle mense was. Daar was net ’n algehele gevoel van iets is drasties verkeerd in die wêreld. Die Christendom is uit talle oorde in verskeie lande aangeval en Christene is vir hul geloof doodgemaak.…

Read More

DEGNOS-dinge

Deur Andries Gous, DEGNOS Liewe vriende van DEGNOS Bid vir die Ju//hoansi-volk Vroeër in November is daar vir drie dae saam met ds Gerrie Cwi en ds Leviet Kxao in die Tsumkwe-gemeente gekuier. Tydens die besoek was daar ook geleentheid om verskeie organisasies te ontmoet wat in die Nyae Nyae-gebied saam met die Ju//hoansi-volk werk.…

Read More

Ontmoet ons 2025-gelegitimeerdes

Deur Mariëtte Odendaal Op 18 November het ons Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat een nuwe teologiestudent, Jackie Smith (tans diensleraar), asook twee colloquium doctum-kandidate, Stéfan Coetzee en Flippie Kotzé, met leraarsbevoegdheid gelegitimeer.  Hiermee wil ons hulle in ons sinode verwelkom en hulle ook aan julle voorstel. Jacqueline Smith  |  NG Kerk Vrystaat, Fakulteit Teologie…

Read More

Jesus – kontekstueel, besonders en gewoon

Deur dr Lyzette Hoffman, uitvoerende redakteur: “Acta Theologica”, Fakulteit Teologie en Religie, Universiteit van die Vrystaat (UV) Een van die belangrike vaardighede wat ’n teologiestudent moet aanleer, is om “kontekstueel” te wees.  ’n Tipiese vraag in ’n werkstuk sal wees: “Pas … toe in jou konteks / ’n gemeente se konteks vandag.”  Studente moet ook…

Read More

Rehabilitasie-reeks: SANCA – die keuse vir ’n nuwe begin

Ds Jannie Smith Voorsitter: SANCA Nasionaal Die werklikheid is dat middel-afhanklikheid ’n mediese kondisie is. Pasiënte word met ’n baie spesifieke uitgewerkte plan vir die bepaalde pasiënt behandel; dienste wat feitlik deur alle mediese fondse betaal word. Middelafhanklikheid kom by alle inkomstevlakke van samelewings voor en het ’n geweldige afbrekende impak op enige mens…

Read More

Hoe lyk die draaiboek van jou lewe?

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Brueggemann sê: “Die wêreld vertel ons elke dag ’n verhaal van beheer, verbruik en vrees. Die Bybel vertel ’n ander een — van vertroue, vryheid en nuwe lewe. Die taak van die kerk is om hierdie ander verhaal te onthou, te vertel en te leef.…

Read More

Dink jouself gelukkig

Deur Mariëtte Odendaal “Om jou gedrag en denke te verander, ís moontlik. Neuroplastisiteit – die brein se vermoë om nuwe verbindings te vorm – is ’n wonderlike stuk gereedskap tot ons álmal se beskikking, maar dit vereis herhaaldelike inoefening.” Dr Pieter van Jaarsveld Op 30 September en 1 Oktober het dr Pieter van Jaarsveld, sielkundige…

Read More

Slawe van die lewe of dienswerkers in die koninkryk?

Deur ds Craig Salzmann, leraar van NG Gemeente Heuwelsig Werk, vergaderings, buitemuurse aktiwiteite, skoolkar ry, jaarafsluitings, prysuitdelings, eksamens, kerssangdienste … ’n groooot sug, maar nie noodwendig een van verligting nie!  Of wag, is dit juis ’n sug van vreugde? Onlangs, tydens ’n informele aandiens, vra iemand die baie waardevolle vraag: “In ’n wêreld wat besig…

Read More

DEGNOS-dinge

Deur Andries Gous, DEGNOS Liewe vriende van DEGNOS Goeie nuus uit: DEGNOS-sendelinge, opleiding en getuienis van God se werk Ons was besonder bevoorregd om 16 van die DEGNOS-sendelinge hier in Grootfontein te kon verwelkom. Hierdie mans en vroue is ware draers van die Boodskap van Goeie Nuus, gestuur om lig te bring in hul gemeenskappe.…

Read More

Kerkbode se jaarlikse Slypskool vir Skrywers – Deel 1: Diepte-artikel: Hoe lyk die impak wat diensleraars op gemeentes en gemeenskappe het?

Oorgeneem uit Kerkbode, 22 September 2025, Artikels Gesonde gemeentes word deur spanne gelei en diensleraars en opgeleide lidmate (Bedienaars) het ’n groot bydrae om te lewer om meer gawes aan die kerk te ontsluit, soos ook onlangs in ’n verslag oor die daling in predikanteposte uitgewys word. Die verskynsel van “ampsverbreding” in die NG Kerk…

Read More

Stop en haal asem

Deur ds René Wessels, leraar van NG Gemeente Virginia Soos die jaar stadig sy laaste draaie maak, raak die dae korter en die to-do-lyste langer. Dis maklik om vasgevang te raak in die gejaag — sperdatums wat naderkom, verpligtinge wat wag, en die konstante gevoel dat daar altyd nóg iets is wat gedoen moet word.…

Read More

DEGNOS-dinge

Deur Andries Gous, DEGNOS Liewe vriende van DEGNOS Het jy geweet? Die vier gemeentes waarvoor DEGNOS verantwoordelik is, praat vier verskillende tale: Kwedam, Hai//om, !Kung en Ju//hoansi. Hulle klink soortgelyk, maar verskil net soveel soos Duits en Nederlands! As almal bymekaar is, gebruik ons Afrikaans of Engels om te gesels. Verslag oor die sendingreis na…

Read More

Aanhalings

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Ek hou van aanhalings. Ek onthou van skooldae af dat 'n kort, kragtige boodskap my aangespreek het.  Langenhoven se As die kortpad die beste was sou die hoofpad daar geloop het, sê soveel meer as die blote woorde. Later op universiteit het my kamermaat 'n luukse…

Read More

Ekologie: Sorg vir Afrika Header

Ekologie: Sorg vir Afrika

Deur Mariëtte Odendaal Ek het onlangs hierdie besondere boek, CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice, raak gesien. Dis by Christelike Lektuurfonds/Christian Literature Fund (CLF) te koop wat die boek as volg beskryf:   'CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice' is a bold and essential contribution to the growing call…

Read More

Erfenisdag – God se pragtige mosaïek

Deur Juan du Toit, junior web- en grafiese ontwerper, NG Kerk Vrystaat Op Woensdag, 24 September 2025, vier ons weer Erfenisdag. Dit is ’n dag wat ons herinner aan die ryke verskeidenheid van mense, tale, gebruike en tradisies in Suid-Afrika. Vir baie beteken dit ’n braaivleisvuur, familiebyeenkomste of die aantrek van kleurryke kultuurdrag. Maar dit…

Read More

’n Woordeskat vir Erfenisdag Header

’n Woordeskat vir Erfenisdag

Deur ds Santel Malan, leraar van NG Gemeente Heuwelkruin Op 24 September vier ons Erfenisdag, oftewel ‘braaidag’ soos dit in die volksmond bekend staan: ’n dag waarop Suid-Afrikaners oor ons erfenis, kulturele diversiteit en identiteit nadink. Vanjaar kyk ons met Efenisdag terug op ’n jaar waar ons veral taal as deel van ons erfenis gevier…

Read More

DEGNOS-dinge

Deur Andries Gous, DEGNOS Liewe vriende van DEGNOS Ons groet julle in die Naam van ons Here Jesus Christus. Dit is vir ons ’n groot vreugde om te getuig van hoe die Here deur mense werk om te voorsien in die bediening van DEGNOS. Beskerming teen Malaria Soos baie van julle weet, het malaria verlede…

Read More

RICD: Daar is altyd hoop en lig

Deur Mariëtte Odendaal Bethlehem se ondersteuningsgroep aan mense met middelafhanklikheid. ’n Mens gebruik so maklik die woord ‘ondersteuning’, maar as dit beteken dat jy iemand uit die maalkolk van selfvernietiging kan help, kry dit ’n baie dieper en ryker betekenis. Vennote in Getuienis, een van die NG Kerk Vrystaat se vyf bedieninge, se Reformed Initiative…

Read More

Islam Table 3 Header

Die verskille en ooreenkomste tussen Christelike sendingwerk en Islam se 𝙙𝙖𝙬𝙖

Deur dr Enrico Casaleggio, Islam Getuienisaksie Die Christelike godsdiens is by uitstek ’n sending-georiënteerde godsdiens. Die kerk doen ook nie sending nie, dit is ’n sending. Die meeste ander godsdienste is nie na buite gerig nie. Islam is egter anders. Hulle het ’n baie sterk oortuiging om die hele wêreld vir Islam te wen. Hierdie…

Read More

Dis heerlike lente …

Deur dr Enrico Casaleggio, leraar van NG Gemeente Fichardtpark Markus 4:20: “Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.” “Dis heerlike lente, die winter’s verby … ” – so lui die woorde van…

Read More

DEGNOS-dinge

Deur Andries Gous, DEGNOS Liewe vriende van DEGNOS Ringsitting van die Noorde-Ring Van regoor die bedieningsareas het predikante en kerkraadslede begin bymekaar kom om by die Sentrum in Grootfontein oor te slaap. Ons het vroeg Saterdagoggend, 30 Augustus, deurgery na Tsumeb waar al die Noord-Namibiese gemeentes bymekaar kom om gemeenskaplike sake te bespreek. Dit voel…

Read More